Meer lag, meer leer, meer lééf by dié plaasskool

Laerskool Muldersdrif

Laerskool Muldersdrif, geleë tussen Muldersdrift en Krugersdorp in Gauteng, bied ʼn unieke ervaring aan beide leerders en ouers – ʼn plaasskoolatmosfeer met die fokus om leerders vir die toekoms voor te berei. Mullies fokus daarop om kritiese denkvaardighede, ʼn honger na kennis en nuuskierigheid vir leer te ontwikkel.

Die belangrikste bousteen by Mullies is die waardes wat ons daagliks nastreef. As waardegedrewe skool is dit ons eerste prioriteit om ons leerders toe te rus met die nodige waardes ten einde volronde jongmense die wêreld in te stuur.

Wat maak ons uniek? Die hoenders wat rustig op die skoolterrein rondstap; passievolle, kundige onderwysers wat daarna streef om leer opwindend te maak; ʼn skatkis vol geskiedenis en ons volgehoue passie om Afrikaans te laat voortleef.

Wat bied ons? Akademiese uitnemendheid, verskeie sportsoorte, uitstekende kultuuraktiwiteite, ʼn Rekenaarsentrum en biblioteek, ʼn naskool-fasiliteit en leerderondersteuning met behulp van ons multidissiplinêre span (SBST, terapeute, ens.). Ons bied aan leerders die geleentheid om aan ʼn wye spektrum aktiwiteite deel te neem om sodoende elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel.

Die Mullie-manier: Laerskool Muldersdrif is ʼn omgee-skool, ʼn skool propvol gees. ʼn Skool waar ons speel nét so hard soos wat ons werk. Ons waardes is die kompas waarmee ons elke dag betree. Daardie vingerafdruk wat ons laat op elkeen waarmee ons in aanraking kom. Om die toekoms binne te gaan met die wete dat ons by Laerskool Muldersdrif ʼn samelewing kweek wat nie net talente ten toon stel nie, maar ook onbesproke karakter. Elke dag is net genade uit God se hand, daarom glo Mullies – doen dit nou!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.