Menlo gooi sy deure oop en jy is welkom!

Die Hoërskool Menlopark

Wanneer ʼn mens deesdae deur Pretoria se strate ry, val die opedagplakkate teen die lamppale jou op. Kyk uit vir Die Hoërskool Menlopark se kenmerkende blou, wit en rooi kennisgewings wat binnekort sal verskyn: 15 April om 14:29, want die Parkies doen niks half nie.

Vir ouers van amper-tieners is die vraag: “Wat kan ons by Menlo se opedag verwag?”

Wanneer die hekke op 15 April vanaf 14:00 vir alle graadsesse, -sewes en hulle ouers oopgegooi word, wag daar ʼn blou tsunami van hartlikheid; ‘n golf van gelukkige leerders en ʼn avontuur waar Menlo-balans ʼn werklikheid word. Moenie langer wonder nie. Die antwoorde op die volgende vrae is binne bereik.

  • Wat behels Menlo se akademiese suksesresep vir elke kind?
  • Hoe lyk die splinternuwe tartanbaan van naby?
  • Hoe voel dit om deel van die AMFI-atmosfeer te wees?
  • Waarom kan sportkenners nie ophou gons oor Menlo se wêreldklasgimnasium nie?
  • Waarom word die Parkies as smaakmakers aan die kultuurfront beskou?
  • Hoe bied een plek soveel unieke geleenthede vir elke kind?
  • Wat maak Menlo anders?

Die antwoorde is in elke Parkie-hart opgesluit – kom kyk self. Die Menlo-opedag is ‘n buitelugfunksie – wees voorbereid vir meer en anders!

Komaan! Dagboek die datum: 15 April 2024 vanaf 14:29 – 17:00. Die Parkies nooi jou om vir een dag in die hart van Menlo te staan, want ons weet: Jou plek is MENLO! Besoek Die Hoërskool Menlopark se Facebook-blad en hou ons op Instagram dop vir meer inligting oor die skool en die opedag.

Sien jou op Menlo-bodem!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.