ʼn Brief aan Matriekmammas

Berchtesgaden (buite)

So amper is die 12 jaar in die skoolbanke verby en ma’s moet aanvaar die dae van pleisters plak en soentjies op einas is verby.

Die kinders gaan nou die grootmenswêreld betree. Hulle het moeilike jare agter die rug met Covid-19 wat ʼn groot gerol gespeel het en nog steeds ʼn groot rol speel, net as mens dink dit is iets van die verlede.

Mamma, jou matriekkind het dalk uitgesien na die einde-van-die-jaar-partytjie by Ballito, Jeffreysbaai, Plettenbergbaai of waarskynlik elders, en nou word die een ná die ander, so hoor ons, afgestel en gekanselleer.

Daar is egter wel ʼn alternatief waar ʼn beperkte getal matrieks (maksimum 25) in Covid-19-beheerde omstandighede in die hartjie van die Bosveld geakkommodeer kan word tydens ʼn matrieksafari – enig in sy soort.

Die laaste eksamen is om die draai en almal maak planne vir die feesviering. Jou maag trek dalk op ʼn knop want jy was ook jonk en weet hoe dit gaan met die feeste, en nou het ons boonop ʼn nuwe Covid-variant op hande. Jy vra jouself af: Hoe beskerm ek my kind van hier af vorentoe?

Die partytjies by Ballito, Plett en J-Bay was jare lank al ʼn tradisie vir elke matrikulant omdat daar nie ʼn alternatief was nie. Wat kry ons kinders hieruit? Behalwe om na sangers te luister, te kuier en soos meeste sal sê die vryheid te geniet, is daar niks wat van waarde is nie.

By Berchtesgaden bied ons egter ʼn alternatief en natuurlik die vryheid wat die bos jou bied. Hier kan hulle een word met God en sy Skepping wat so ongesiens verbygaan. Hulle kan die tyd gebruik en kop skoonmaak voor hulle die volgende fase van hulle lewe aanpak. Hulle kan hier tot laataand by die knetterende vuur sit en kuier saam met vriende – hier is geen skare mense nie.

Daar is daaglikse maar genoeg informele aktiwiteite. Dit sluit in:
* Nagstap en ervaring met veldkoffie
* Uitslaap onder die sterre en ʼn bosfliek
* Boerplaas-aktiwiteite – ontmoet die melkkoei, varke, hoenders, skape, lammers en kalwers
* Bokslag en vleisverwerking
* Speletjiesaand en vasvra-aand
* Braai, dans en kuier
* Swem in die plaasdam
* Wildsritte by die lodge
* en ʼn formele dinee in die Bosveld

Hier kan hulle die fondasie van hul grootmenslewe op die regte manier bou.

Bespreek sommer vandag nog: https://berchtesgaden.co.za/to-do/matriek-safari
Die sluitingsdatum vir besprekings is 11 Desember 2021.

Matriekgroete

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.