’n Leeftyd se avontuur in een jaar

Voetspoor

Ons vat spore bos toe, seelangs op die strand, berge toe, Visrivier toe en soek ons kulturele voetspore. Ons geloofspoor is egter die een groot spoor wat vir ons belangrik is!

Seeswem, strand slaap, bosstap, veldkennis, oorlewing, saamspeel, bootwerk, skuba, Visriviervallei, loopbaan gereed, ervaringsleer, ekologie … en nog ʼn lang rits goed wat ons gaan doen, sê Jan Heenop, direkteur van iALA.

Grondwetlik is ons redelik seker daarvan dat meeste jongmense hulself kan losmaak van skool nadat graad 12 afgesluit is. Dit is die maklike deel. Die werklike uitdaging is egter om die brug oor te steek tussen kindwees en volwassenheid. Sommige mense noem dit studentwees. Die belangrike is dat jy jou oë gaan moet oopmaak om leerbaar te wees vir dit wat jou suksesvol gaan maak. Sukses beteken dat potensiaal ontdek sal word en dat ons sal leer wat ons weerhou om potensiaal te bereik.

Studentwees by iALA is gevul met ervarings wat onsekerhede benader asof dit avonture is! Vreemdelinge word vriende, want ons werk en speel saam. Ons dink speel-speel aan oplossings vir lewensbelangrike vrae…

Cyberspoor

Waarheen is ons op pad en hoe lyk die ideale brugjaarstudent? Ons hanteer die vrae rondom jou toekoms en jou loopbaan. Die brugjaarstudent wat die jaar gebruik om nuwe mense, plekke en geleenthede uit te snuffel, is die ideale student. Ons besoek mense, plekke en doen dinge om jou te help kies oor die pad vorentoe. Ons noem dit sommer ʼn droomspoor of in jongmensterme… ’n cyberspoor! Loopbaangereedheid, mediese opleiding, duik, swem, speel en klim is elke dag se roetines wat eintlik fokus op selfontdekking! Dit gebeur net as jy deelneem. Eenkant sit, werk nie.

Bestemmings en avonture

iALA besoek vyf groot bestemmings oor die 34 weke wat ons saam kuier:

  • Suid-Kaap, strande, bosse en berge
  • Klein Karoo vir jag, veldkuns, skietkuns, leierskap vaardighede en ervaringsleer
  • Wes-Kaap wat Kaapstad, Hermanus en Stellenbosch insluit. Dit gaan hier oor oorlewing en loopbaanblootstellings
  • Vrystaat en Kalahari wat ons kultuur-historiese voetspore ontdek
  • Visriviervallei: ons moet elke student onder die Namibiese sterrehemel laat slaap. Jy beleef dit eerstehands langs die rivier op woestynsand, langs die vuur.

Die een bestemming is tropiese oewerbos, ’n kuslandskap en berge van die Suid-Kaap, dan is daar die Wes-Kaap, die Karoo, Woude en berge en as ons gelukkig is, die Visriviervallei. Ons wil so veel as moontlik van die natuur leer, ekologie en natuurlik die plante en diere van die streek leer ken. Dan moet ons die kultuur historiese landskap leer ken, iets van die geskiedenis verstaan en die ekonomie van die verskeie gebiede leer ken. Die onderskeie bome (ekologiese sones) van die Suid-Kaap moet verstaan word. Ons kyk ook na herwinbare en nie-herwinbare hulpbronne, besoedeling en die ekonomie.

Ná Tsitsikamma skuif ons na die Klein Karoo en ondersoek wat gebeur in die vleilande om te verstaan hoekom vleilande beskerm moet word. Ons gaan stap, kyk, ondersoek instel, navorsing doen en aantekeninge maak. Ek wil weet watter tipe diere ons sien, ons gaan plante identifiseer en ekologiese verskynsels raaksien.

Jou brugjaar is ook veronderstel om jou iets te leer van dit waarvan jy hou en waarvan jy nie hou nie. Ons besoek bosbou- en parkeraadbestemmings, kyk na woude, toerisme en ander ekonomiese bedrywe… toe, toe, dis lekker. Kom ons leer saam!

Program

Ons program word verdeel in drie fases. Daar is ʼn inleidende gedeelte tot einde Maart, ʼn toerustingsfase tot middel Julie en die leierskapfase tot einde Oktober. Só kry ons jou gereed vir die besluite van jou toekoms. Jy het naweke af en vakansies tussen die onderskeie fases van opleiding. Elke dag begin met stiltetyd. Ons het Dinsdae tyd om saam met ander Christene te kuier. Sondae kan jy kerk toe gaan as jy op die bus klim.

Die oggendprogram begin om 06:30 met opstaan, stiltetyd (ons gee ’n dagboek wat jy kan volg) en ontbyt om 07:15. Dan volg inspeksie, fiksheid en spele. Tot en met middagete is opleiding. Ons begin weer met opleiding om 14:30 tot 17:00. Studente is af tot en met aandete. Ons eet saam en dan is studente af tensy ons iets spesifieks saam doen. Alfa, Bravo en Charlie-spanne spanne is al om die beurt aan diens. Fun fact of the day volg!

Aansoeke

Besoek ons webtuiste, www.iala.co.za om rond te loer wat by iALA gebeur. Jy kan jou aansoekvorm aanlyn opspoor. Voltooi en stuur aan, die tyd loop uit en die plek is min!

“Ons het by iALA ’n spesiale opdrag. Ons geniet gereeld ’n nuwe habitat en nuwe mense, maar probeer waar ons ook al kom, om ’n verskil te maak. Die eerste student wat my ’n strawberry everlasting wys, gee ek ’n stuk biltong!” sê Jan.

Moenie op jou laat wag nie, registreer nou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.