ʼn Loopbaan in skoonheid: Somatologie kan vir jou deure oopmaak

(Foto verskaf deur Isa Carstens Akademie)

Isa Carstens Akademie bied ʼn omvattende akademiese diplomakursus in somatologie aan vir studente wat graag ʼn professionele beroep in die skoonheidsbedryf wil volg.

Belê in opleiding wat vir jou plaaslik en internasionaal deure kan oopmaak, asook jou entrepreneursvaardighede slyp om jou loopbaangereed maak.

Isa Carstens Akademie wil graag vir jongmense die beste kans op ʼn suksesvolle toekoms gee en bied daarom ʼn holistiese en in-diepte praktiese en akademiese kursus aan, asook ‘n gevorderde diplomakurus in vel-estetika.

Isa Carstens Akademie het takke met veilige studenteverblyf in Stellenbosch en Pretoria. Woon ons opedae by op 11 of 12 Maart om meer te leer oor die bedryf, beroepe en kursusse. Besoek https://isacarstens.co.za/ vir meer inligting.

  • Die Isa Carstens® Akademie is geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ’n hoëronderwysinstelling kragtens die Wet op Hoër Onderwys, 1997. Registrasiesertifikaatnommer: 2000/HE07/025. Kwalifikasies geregistreer by SAQA, ID-nommer 111453 (NQF Vlak 5), ID-nommer 83046 (NQF Vlak 6) en ID-nommer 97898 (NQF Vlak 7).

(Foto verskaf deur Isa Carstens Akademie)

 

(Foto verskaf deur Isa Carstens Akademie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.