Neem aksie en ontsluit jou kind se potensiaal

Argieffoto (Foto: Markus Trier/Pixabay)

Ons kinders word dikwels oorweldig deur ʼn nuwe skooljaar. Tussen skoolwerk, huiswerk en buitemuurse aktiwiteite, is dit soms moeilik om ʼn volhoubare balans te handhaaf en die jaar met die nodige energie en motivering voluit deur te sien.

Studies toon dat deurlopende hersiening van en toewyding aan skoolwerk, sleutelfaktore is om sukses op skool en in die toekoms te behaal, want dit bou ʼn sterk fondasie vir die kennis en vaardighede wat ons kinders vir ʼn blink toekoms sal benodig.

Om dié toekoms vir ons kinders te help verseker, moet volwassenes kinders deurlopend in hul skoolloopbaan ondersteun om die skynbaar oorweldigende massa van verpligtinge makliker hanteerbaar te maak.

Met die hulp van tegnologie soos Die Wolkskool, is dit makliker om aksie te neem en kinders se akademiese prestasie deurlopend te verbeter – en selfs goeie prestasie te help verseker.

’n Platforms soos Die Wolkskool bied geleentheid aan leerders om hul akademie en buitemuurse aktiwiteite te balanseer. Die platform bied ʼn wye verskeidenheid opvoedkundige hulpbronne wat ontwerp is om interaktief en maklik verstaanbaar te wees met die doel om leer pret en effektief te maak.

Die Wolkskool is ʼn wêreldklas aanlyn leerplatform vir leerders van graad 1 tot 12, met meer as 18 000 videolesse, werkkaarte en aflaaibare werkboeke. Individuele leerders kan by Die Wolkskool aansluit teen slegs R118 per maand. Dit bied hul toegang tot alle vakke en alle grade se inhoud. Agt laerskool- en 16 hoërskoolvakke se werk word gedek. Die Wolkskool-platform maak van doelmatige tegnologie gebruik en bied ʼn stabiele en vinnige aanlyn leerervaring.

Een van die belangrikste voordele van die platform is die buigsaamheid wat dit bied asook die persoonlike benadering wat dit volg. Leerders het toegang tot die lesse vanaf enige plek en enige tyd, wat beteken dat hulle hul studies rondom hul besige skedules kan aanpas. Verder kan ouers enige tyd ʼn volledige verslag trek van hul kinders se vordering op Die Wolkskool. Die voltooiing van elke les, die aflaai van hulpbronne en die resultate van die aanlyn kort assesserings word in hierdie verslae saamgevat.

Talle leerders het sedert 2019 Die Wolkskool baie suksesvol gebruik om hul kennis en verstaan van skoolwerk af te rond.

Neem vandag nog aksie en ontsluit jou kind se potensiaal. Besoek www.wolkskool.co.za en pak die nuwe skooljaar reg aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.