NSFAS-studiehulp: Hoe doen ek aansoek vir 2021?

(Grafika: Verskaf.)

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum gaan Maandag 26 Oktober om 11:00 ʼn aanlyn webinaar aanbied waarin hulle matrikulante en voornemende studente stap vir stap gaan wys hoe om aansoek by die Nasionale Finansiële Hulpskema (NSFAS) vir hul tersiêre studie in 2021 te doen.

Hierdie NSFAS-aansoeke vir finansiering kan vir inskrywings by enige openbare universiteit, technikon of TVET-kollege gedoen word.

Volgens Stefan Pieterse, hoof van Helpende Hand se Studiefondssentrum, sien hy jaarliks dat talle ouers, matrikulante en onderwysers nie weet van NSFAS, of hoe om daar aansoek te doen nie.

“Suid-Afrikaners betaal baie belastinggeld. Daarom wil ons elke student en matrikulant wat kwalifiseer vir studiehulp by NSFAS aanmoedig om dit te doen.

“Ons wil ook matrikulante en voornemende studente aanmoedig om op soveel moontlik plekke aansoek te doen vir studiehulp om uiteindelik hul kanse te verhoog om gehelp te word,” het Pieterse gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rudolf ·

Daar is sekere hekkies om te oorbrug as jy aansoek doen. Een is die ras van die aansoeker…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.