Nuwe baadjie vir app wat ouers waarsku

(Foto: Unsplash)

Die organisasie FYI play it safe het pas hulle app bygewerk wat ouers waarsku oor hul kinders se aanlyn gesprekke en soektogte. Die app kan skadelike interaksies identifiseer wat moontlike tekens van kuberafknouery, depressie, selfskending en selfdood identifiseer, asook wanneer kinders inhoud vir volwassenes kyk of lees.

FYI play it safe is ʼn plaaslike organisasie wat ʼn app aan ouers bied om hulle te help om hul kinders te beskerm teen aanlyn gevare. Die app is nie ʼn ouerbeheer-app nie, maar eerder ʼn aanvullende laag bykomende sekuriteit wat ouers op hoogte hou van moontlike skadelike situasies. Dit fokus op kinders van die ouderdom van agt tot 18.

Die organisasie wil ouers toerus met waardevolle gedetailleerde inligting wat hulle in staat stel om na hul kinders uit te reik en te praat oor die gevaar waarin hulle kan verkeer. Daarbenewens word ouers ’n oorsig van hul kind se aanlyn aktiwiteite gegee.

“In die jongste weergawe van FYI play it safe het ons die vermoë om ons moniteringsagteware binne enkele minute na die uitreiking van nuwe programme by te werk. Dit sluit in programme wat veral op ouer kinders en tieners gemik is en hulle aandag trek,” het Rachelle Best, uitvoerende hoof en stigter van die organisasie, gesê.

“In die jongste weergawe onderskei ons nou tussen prioriteitsaansoeke, wat ons van naderby dophou en ‘swartlys’-toepassings wat ons glo nog ’n groter risiko vir kinders inhou.

“Die eerste kategorie sluit in die gebruik van kletsprogramme, sosialemedia-rekeninge of internetblaaiers, waar ons sal kan inloer op die besonderhede van wat gesê en waarop kommentaar gelewer word. In die tweede kategorie glo ons dat ouers moet weet wanneer hul kinders by die app betrokke is, ongeag die inhoud.

“Tipiese voorbeelde hiervan is waar kinders anonieme kletsprogramme gebruik, met vreemdelinge praat of programme wat hulle aan volwassenes en onvanpaste inhoud kan blootstel,” het Best bygevoeg.

“Terwyl ouer kinders en tieners daarop ingestel is om pret te hê en nuwe vriende aanlyn te ontmoet, moet ouers die balans vind tussen respek vir hul kinders se privaatheid en die risiko’s wat sosialemediaplatforms, speletjies en anonieme kletskamers en inhoud van soekenjins bied. Dit is FYI play it safe se doel om hiermee te help.”

Laai die app af by www.fyiplayitsafe.com en volg die maklike aanmeldproses in drie stappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.