Onderwys in gesprek – Kommer oor leerdersterftes, plasings

Enock Mpianzi (13).

Jaarliks word die onderwyskwessies in Suid-Afrika al meer kontroversieel en relevant.

Carien Bloem, koördineerder van onderwys by AfriForum en Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media, gesels maandeliks oor die onderwysgebeure van dié spesifieke maand. Ons lewer kommentaar en reflekteer oor die gebeure en kry soms ook kenners in om saam met ons te gesels.

In hierdie episode kyk ons na die aantal onnatuurlike sterftes in Gautengse skole in Januarie. Ons bespreek die belang daarvan vir die gemeenskap en lewer ook kommentaar oor die LUR vir onderwys se reaksie op dié gebeure.

Ons gesels ook oor probleme rakende die plasing van leerders in skole vir 2020. In Gauteng en die Wes-Kaap is daar nog etlike leerders wat nog nie geplaas is nie en ons kyk na die moontlike oorsake en ook oplossings vir hierdie probleem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Emily ·

Ouers wag tot op die laaste minuut voor hulle kinders by skole wil inskryf, so Jammer dis hul eie skuld.
Daar word wapens hetsy messe of wat ookal skool toe geneem, Hoekom.
Daar is geen dissipline in skole nie, Want die bloedtjies rand die onnies aan.
Bring terug die lat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.