Pasgemaakte onderrig vir jou gesin makliker as wat jy dink

So seker soos wat die wêreld nie vandag en môre dieselfde gaan lyk nie, so seker is dit ook dat geen enkele gesinseenheid dieselfde is nie.

Neem byvoorbeeld die Bell-gesin – ʼn sportliefhebbende gesin van vyf waar pa Ignatius gereeld bedrywig is met allerlei entrepreneuriese idees, ma Minette ultra-marathonne sommer vir die lekker doen, en kinders Alexander, Michael, en Zinnia nie genoeg van hul perdry en tennis kan kry nie. Daarteenoor is daar ook die Janse van Rensburgs. Vir ma Cashandra is dit belangriker as enigiets dat haar dogter Kyla eendag ʼn heilsame volwassene in die samelewing sal wees. Verder ook ma Bernadette en dogter Shanré Houy, wat met gemak erken dat Shanré voorheen weens aandag afleibaarheid akademies gestruikel het …

Drie uiteenlopende gesinne – met twee uiters belangrike gemeenskaplike faktore: eerstens dat hul kinders almal deel is van MOS-Wêreldwyd, Suid-Afrika se Afrikaanse aanlyn tuisskool. En tweedens, dat hul almal anders begin dink het oor onderrig en wat dit behoort te wees. Is dit nie tyd dat jy dieselfde doen nie?

“Die feit dat niemand vir my die antwoorde gee nie, leer my om self te dink. Maar as ek regtig sukkel, kan ek ʼn leerbestuurder vra.” – Kyla Jansen van Rensburg, leerder by MOS-Wêreldwyd

Kyk wat vertel die Janse van Rensburgs oor MOS-Wêreldwyd:

Dit sal natuurlik maklik wees om ook ʼn derde faktor uit te lig wat nie net ʼn gemeenskaplike deler is vir hierdie gesinne nie, maar vir byna elke ouerpaar in Suid-Afrika: om jou kind die beste moontlike kans te gee op huidige sowel as toekomstige sukses en geluk. Die MOS-Wêreldwyd-model inkorporeer een-tot-een-aandag, moedertaalonderrig, en toekomsgerigte vaardighede om lewenslange leerders te kweek wat aan die einde van hul skoolloopbaan die IEB-matriekeksamen sal voltooi. Die kurrikulum is interaktief, geheel aanlyn beskikbaar, en kan reg oor die wêreld gevolg word. Dit stel leerders en gesinne in staat om pasmaak studieplanne te volg.

“Een van die lekkerste goed van MOS-Wêreldwyd is dat dit in my moedertaal, Afrikaans, is. Ek sal dit beslis vir my vriende aanbeveel.” – Shanré Houy, leerder by MOS-Wêreldwyd

Só sê Shanré oor MOS-Wêreldwyd:

Gedurende die onlangse verfilming van MOS-Wêreldwyd se splinternuwe veldtog, het die gesinne hierbo sowel as van ons ander leerders en ouers die volgende aspekte van MOS-Wêreldwyd as belangrik uitgelig.

  • Aanpasbaarheid: Die MOS-Model laat toe dat kinders wat sport- of ander aktiwiteite navolg, eweredig kan aandag gee aan beide hul akademiese en ander ambisies. Die dae dat klas vir aktiwiteite gemis moet word, is dus verby. Hierdie voordeel word ook deur talle gesinne geniet wat nie geografies gebonde is aan ʼn enkele stad of land nie.

“Ons gesin het meer vryheid, die kinders kan aangaan op hul eie spoed, en dit motiveer hulle ook om meer positief te wees oor skool. Ons kan met vrymoedigheid sê dat ons gesin geweldig aanklank vind by MOS-Wêreldwyd.” – Minette en Ignatius Bell, ouers van MOS-leerders Alexander, Michael en Zinnia

Kyk wat het die Bell-ouers oor MOS-Wêreldwyd te sê:

  • Verpersoonliking: Anders as die tradisionele skoolmodel waar ʼn leerder wat ʼn sekere verduideliking of konsep misloop en dan nie kan terug gaan nie, kan materiaal op die MOS-stelsel oor en oor besigtig word. Dit help veral vir woelige kinders of leerders wat dalk met AGHS (ADHD) sukkel. Baie leerders is ook introverte wat verkies om nie in groot groepe skool te gaan nie.
  • Free Learning: Leerders het toegang tot leerbestuurders en vakkundiges indien hul sukkel, maar word aangemoedig om self by konsepte in te delf. Mits ʼn leerder spesifieke belang in ʼn sekere konsep toon, het hul ook die geleentheid om verder daaroor navorsing te doen. Binne die tradisionele skoolmodel, word konsepte gereeld as lysies afgerits, sonder dat daar geleentheid is vir dieper interaksie. Ons Ask Three Before You Ask Me-beginsel, moedig ook leerders aan om by mekaar te leer voordat hulle onmiddellik vakkundiges nader.
  • Tegnologie: By MOS-Wêreldwyd raak leerders touwys op praktiese rekenaar en IT-vaardighede wat elke dag in die werkwêreld benodig word.

Ongeag hoe jou gesinseenheid lyk, wil MOS-Wêreldwyd jou kind se uniekheid omarm en vier. Inskrywings by ons aanlyn tuisskool is tans oop vir graad 4 tot 11 vir 2022. Ons nooi ook voornemende ouers om een van ons weeklikse virtuele opedae by te woon. Die toekoms van onderrig is hier … word vandag nog deel! Besoek die webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.