Randjietrots vir die matrieks van 2019

Hoërskool Randburg in Gauteng wens sy matriekgroep van 2019 geluk met uitstekende uitslae.

Met ʼn holistiese benadering is dit met reg dat 2019 se duxleerder en matrikulant van die jaar, Klarika Keyter, nege vakonderskeidings behaal het.

Eben Ernst, Christine Hovy en Jean-Paul Malan spog elkeen met agt vakonderskeidings. Roxanne van Rheede van Oudtshoorn het sewe vakonderskeidings behaal.

Die 2019-matrieks was ʼn redelike klein groep wat goeie uitslae behaal het: bykans 10% van die leerders het ʼn gemiddelde prestasie van 80% en hoër. Altesaam 93% van die leerders het universiteitsvrystelling ontvang. Agtien vakke het ʼn gemiddelde prestasie hoër as 60%.

Geluk aan ons 2019 matrieks! Ons is trots op julle. Hoërskool Randburg – ʼn skool waar elkeen ʼn ster is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.