Rateltaai-avontuurkamp – het jy wat dit verg?

(Foto verskaf deur Berchtesgaden)

Baie van ons oupa- en oumagrootjies, dalk selfs oupas en oumas, onthou die tyd tussen 1899 en 1902 en die tye wat daarop gevolg het. Die tyd toe daardie generasie se oupas, pa’s, ooms en broers op kommando gegaan het teen die Engelse. Die seuns was so jonk soos 11 en 12 jaar oud, maar ouboet van 16 – 18 jaar was op die voorfront. Hulle het die kakies bekruip, voorgelê en aan skietgevegte deelgeneem. Hulle het vir dae in die bos gebly, kos, water en skuiling gesoek en was so taai soos ratels. Hulle was op hulle self aangewese om te oorleef.

Ander van ons het oupas en oupagrootjies wat in een of al twee Wêreldoorloë deelgeneem het, sommige op 15 jaar oud. Sommige was deel van die magte in Noord Afrika, Italië en die Ooste. Van hulle was krygsgevangenes wat later ontsnap het, ander het op hul poste gebly tot die bitter einde en die naam Afrikaner of Boer gedug gemaak onder vriend én vyand en die Britse elite-eenhede is na die Suid Afrikaanse “Commandos” vernoem. Want hulle was vindingryk en so taai soos ratels.

(Foto verskaf deur Berchtesgaden)

Later het ons verhale by pa’s en oupas gehoor wat as skoolverlaters grens toe is. Die staaltjies van prettighede en lawwighede, en ook die verering van gevalle helde en vriende en die tragedie van gewapende konflik. Om dit deur te gemaak het, het hulle gebrei en taai gemaak, so taai soos ratels.

By Rateltaai Berchtesgaden gaan ons nie oorlog maak nie, en ons gaan nie baklei nie, maar ons gaan jou leer en die geleentheid bied en kennis op te doen en dit toe te pas hoe om op jouself aangewese te wees in die veld. Hoe om vir jou en die om jou te kan sorg in tye van noodsaaklikheid. Ons sit jou deur oefeninge – fisies en kognitief – wat jou teen jouself toets en saam met ander laat werk. Jy word lewensvaardighede geleer wat jou sal baat in die veld wanneer jou skool se toerbus in Mosambiek of in die donkerste beurtkrag in die stad breek. Kritiese denke, eienaarskap en doelgerigtheid en hantering van stressituasies word deurentyd geoefen. Alles gerig daarop dat jy, jong man, met trots kan opstaan en sê, “Ek is reg vir die toekoms – ek is rateltaai.”

(Foto: Berchtesgaden)

Boekmerk die skakel (“like” en deel dit) Berchtesgaden Events waar jy altyd die nuutste inligting sal kry van dit wat by ons in die bosveld aangebied word.

Nou toe, is jy gereed? Kom woon ons rateltaai-avontuurkamp vir graad 11-leerders by van 5 – 11 Desember 2021. Hierdie kamp is vir jong manne wat lus is vir ʼn uitdaging! Daar is slegs 20 plekke beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.