Regstreekse gesprek: Is ʼn matrieksertifikaat nog iets werd?

 sosiale-media-matrieksertifikaat.jpgDie uitslae van die nasionale matriekeksamen is Donderdag bekendgemaak en 2022 se matrikulante het ʼn verrassende 80,1% behaal. ʼn Besonderse prestasie as mens in ag neem dat dié groep die ergste deur die Covid-19-pandemie én beurtkrag geraak is.

Maar hoe lyk die gehalte van kennis wat hierdie leerders tydens hul skoolloopbaan opgedoen het en is Suid-Afrika se matrieksertifikaat nog iets werd?

Elaine Krige, Maroela Media se nuusredakteur, gesels met Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, Martin Botha, hoof by Hoërskool Montana, en dr. Celia Booyse, bestuurder van programontwikkeling en gehalteversekering by Akademia, oor die uitslae en wat matrikulante se opsies vir die toekoms is.

Die gesprek sal Dinsdag 24 Januarie om 14:00 regstreeks op Maroela Media se Facebook-blad uitgesaai word.

Regstreekse gesprek: Is ʼn matrieksertifikaat nog iets werd?

Regstreekse gesprek: Is ʼn matrieksertifikaat nog iets werd?Elaine Krige, Maroela Media se nuusredakteur, gesels met Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, Martin Botha, hoof by Hoërskool Montana, en dr. Celia Booyse, bestuurder van programontwikkeling en gehalteversekering by Akademia, oor die uitslae en wat matrikulante se opsies vir die toekoms is.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Tuesday, January 24, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

EK het op skool n meneer gehad wat gese het daai sertifikaat is minder as toilet papier werd. (Ek moet se, daai is baie waar). Verder leer as jy kan en/ of iets self begin. (Maar is moeilik want ons ken die vereistes om te slaag).

Truman Burbank ·

Ek kan onthou in die 70’s was on matriek sertifikaat oorsee baie hoog aangeslaan. Van die beste ter wereld. Dinge het drasties verander.

SwartBees ·

In die ou dae was daai sertifikaat iets om oor trots te wees en het baie beteken in die besigheids wereld. Vandag se tyd beteken dit zilch.

Nommer 7 ·

Ek sou se^ dit is nogsteeds baie werd, ongeag. Wat my wel bekommer is ‘n Matriek sertifikaat met Wiskunde Geletterdheid, wat ‘n vraag in die 2022 eindeksamen gehad het waar daar ‘n tekening was van ‘n analoog horlosie, en die leerder moes die tyd aangedui op die horlosie bewoord in engels! (Five past ten)

Marthinus W ·

Daar word te veel klem gele op (n akademiese) matriek. Ons het bouers, elektrisiens, loodgieters, nodig. Hulle moet voor die matriekjaar reeds besig wees om in hulle vak te studeer. Graad 10 (Std 8) behoort die laaste akademiese jaar te wees; dan moet jy begin spesialiseer.

SjN ·

Daar moet meer mense opgelei (ambag) word wat met hul hande kan werk.

Republikein in die Wes Kaap ·

In verskeie Europese lande is dit reeds die geval. Maar hier word gereken ‘n graad in filosofie het meer status as ‘n ambag.

Jaco ·

Eers juig almal oor die toppresteerders se 10, 13 en 15 onderskeidings. Nou kla almal weer dat die 80% slaagsyfer te hoog is en die onderwysstandaarde dus te laag. Onthou tog net: ALLE leerders, slim en dom, skryf DIESELFDE vraestelle. Ek gee toe dat dié met die baie onderskeidings regtig slim is, maar trek maar so 15-20% af om dit by die ou SA se standaarde te bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.