Regstreekse uitsending: “Tuisskool” – Hoe oorleef ons (en ons kinders) dit?

Tuisskool_regstreeks.jpgDerduisende ouers landswyd bevind hulself skielik in ʼn situasie waar hulle tuis hul kind se onderwyser moet wees. Nie net moet hulle die skoene van opvoeders volstaan nie, maar hulle kry meteens vir die eerste keer ook te doen met die uitdagings waarmee hul kinders se onderwysers daagliks te doen kry: kinders wat sukkel om te konsentreer, wat eenvoudig nie mooi kan skryf nie, wat nie vir lang tye kan stilsit nie of wat ʼn speletjie van elke klassituasie maak, is vir die eerste keer ouers se eie probleem. En die meeste ouers voel glad nie opgewasse vir dié reuse taak wat op hul skouers rus nie.

Die realiteit is dat die “tuisskool”-situasie waarin ouers skielik gedompel is, waarskynlik nog ʼn rukkie met ons gaan wees. Dit kan egter vir ouers ʼn gulde geleentheid wees om hul kinders se persoonlikheidstipes beter te leer verstaan, en daarmee saam te ontdek hoe elke kind tot sy of haar volle potensiaal kan ontwikkel deur die omgewing waarin hy of sy leer en ontdek, aan te pas vir sy of haar spesifieke temperament. Vir ouers wat voltyds van die huis af werk terwyl hulle hul kind se onderwyser ook moet wees, kan die skep van ʼn omgewing waarin kinders meer natuurlik en gemaklik leer, groot verligting bring.

Om ouers met dié uitdaging te help, het Maroela Media die hulp van ʼn kundige ingeroep. Susan Lombaard, Maroela Media se uitvoerende hoof, self ʼn ma van twee wat nou tuis moet help met onderrig, gesels Woensdagmiddag met Nantie van Aswegen, ʼn Immergroen Ouerskap- en Tall Trees-konsultant, oor kinders en temperamente, en hoe die tuisskoolomgewing ingerig kan word om elke kind optimaal te help groei en leer.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek Woensdag, 13 Mei 2020 om 15:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees. Hou gerus ʼn pen en papier byderhand om notas te neem.

“Tuisskool” – Hoe oorleef ons (en ons kinders) dit?

Derduisende ouers landswyd bevind hulself skielik in ʼn situasie waar hulle tuis hul kind se onderwyser moet wees. Om ouers met dié uitdaging te help, het Maroela Media die hulp van ʼn kundige ingeroep.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Wednesday, May 13, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.