‘Rianette en die Internet’: Wonder jy ook hoe veilig is aanlyn inkopies?

(Foto verskaf)

Die feesseisoen is ʼn hoogtepunt op die kalender en buiten vir die somervakansie wat wink, is dit ook die tyd van die jaar waar mense uitsien na gehaltetyd saam met geliefdes en inkopies – hetsy vir geskenke of sommer net lekker bederf na die jaar se harde werk.

Terwyl ons ontspan en vakansie hou, moet ons nie ons waaksaamheid verslap en uitgevang word deur slinkse mense wat die internet en sosiale media gebruik om lokvalle te stel wanneer dit by aanlyn inkopies en ander transakies kom nie.

In hierdie episode van “Rianette en die Internet”, gee Rianette Leibowitz praktiese wenke om te verseker dat jy weet hoe om veilige aankope deur die internet te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Antie Sarie ·

Enige iets wat jy aanlyn bestel en nie KBA of eft kan betaal nie, stel jou rekening bloot aan kuberkrakery,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.