Só lank moet jou kind slaap, sê kenners

Foto: Pixabay.com

Foto: Pixabay.com

Die volgende slaapure vir kinders (babas tot tieners) word deur die Amerikaanse akademie van slaapgeneeskunde (GASM) aanbeveel en moet op ʼn gereelde grondslag plaasvind vir optimale gesondheid:

  • Babas van vier tot 12 maande moet daagliks tussen 12 en 16 uur slaap. (Dit sluit middagslapies in.)
  • Peuters van een tot twee jaar moet tussen 11 en 14 uur slaap. (Dit sluit middagslapies in.)
  • Kleuters van drie tot vyf jaar moet daagliks tussen 10 tot 13 uur slaap. (Dit sluit middagslapies in.)
  • Kinders van ses tot 12 jaar moet daagliks tussen 9 en 12 uur slaap.
  • Tieners van 13 tot 18 jaar moet daagliks tussen 8 en 10 uur slaap.

Dié verklaring is in die Junie-uitgawe van die Journal of Clinical Sleep Medicine geplaas.

Volgens dr. Shalini Paruthi, moderator van die paneel vir pediatriese konsensus en genoot van die Amerikaanse akademie van slaapgeneeskunde, is slaap noodsaaklik vir ʼn gesonde lewe.

“Dis baie belangrik om reeds op ʼn jong ouderdom gesonde slaapgewoontes by kinders te kweek. Dis veral belangrik wanneer kinders hul tienerjare bereik om dié gewoontes vol te hou sodat hulle genoeg slaap kry.”

Die aanbevelings volg ná ʼn 10-maande-projek wat deur die paneel vir pediatriese konsensus behartig is. Die paneel bestaan uit 13 kundiges wat meer as 864 wetenskaplike artikels bestudeer het wat fokus op kinders se slaappatrone en hoe dit hul gesondheid raak. Dié paneel word deur verskeie organisasies in Amerika ondersteun.

Die paneel het bevind dat aandag-, gedrags- en leerprobleme by kinders waargeneem word wanneer hulle nie die aanbevole ure slaap inkry nie. Te min slaap verhoog ook die risiko vir diabetes, depressie en vetsug. Tieners wat te min slaap loop ook die risiko om depressie en selfmoordgedagtes te ontwikkel.

“Vir kinders wat in hul vroeë ontwikkelingsfase is, is slaap uiters noodsaaklik,” sê dr. Nathaniel Watson, die huidige president van die Amerikaanse akademie van slaapgeneeskunde.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

charlene ·

Dankie vir die raad oor hoeveel ure ons kiddies moet slaap. Waar is die raad om die kleuters sover te kry om te slaap????

Ella ·

Mmmm alles goed en wel maar dit sal beteken dat ons werkende ouers nooit ons kinders in die week gaan sien nie. Letterlik by die huis kom en hulle in die bed sit… En dan is dit soos Charlene vra hoe kry ek my amper 3 jarige om te slaap as sy wil Lollos kyk hehehehehe

Piet Pompies ·

My skoonma woon by ons en ons sukkel dat sy moet slaap… sy loop gedurende die nag om die huis en krap met haar naels aan die vensters, dan grou sy venster puttey uit en eet dit…..
Ons laat haar eers in die huis slaap as die buite temperatuur minus 10 grade is, hierdie jaar was dit nog nie so koud….lol

E ·

Is daar dalk iemand wat vir my kan sê hoekom party mense met hulle oë half oop slaap?
My seun is ADHD en as hy slaap is sy ogies halfpad oop.

E ·

Is daar dalk iemand wat die volgende gesien of self ondervind het?
My seuntjie is ADHD en slaap met sy ogies halfpad oop.

Veritas ·

E dit is snaaks dat jy dit noem. My stiefseun het presies dieselfde probleem. Van kleinsaf slaap hy met oop oë en is ook met ADHD gediagnoseer. Hy het ook die manier om gereeld in sy slaap te praat. Die knaap is nou al 17 jaar oud en is nog steeds hiperaktief.

Veritas ·

Ek ken baie 18 tot 60 jarige kinders wat 24 uur per dag aan die slaap is.

Marna ·

Dieselfde soos charlene wil ek ook graag weet hoe kry ek my 2 jarige om te slaap. Sy het nog glad nie een aand deur geslaap nie en dis nie dat haar middag slapies lank is nie. Ek weet nie wie om te vra vir hulp nie. Enige voorstelle

Celeste Swanepoel ·

Sleep train jou kind!Die beste ding wat ek nog ooit gedoen het vir my kind en ons huis houding.

Celeste Swanepoel ·

En nee!Sleep training is nie so erg soos almal dink nie!

Eileen de Sousa ·

Celeste ek stem 100% saam met jou! Sleep training is ‘n moet. Net soos jy jou kind leer om te eet, loop, praat, ens so moet jy hom ook leer om te slaap. Dis nie maklik nie! Dit vat werk en uit hou vermoë. Nog ‘n ding is roetine, roetine, roetine. Ek sien hoe ander mense met hulle kinders sukkel net omdat hulle nie hulle kinders “hartseer” te wil sien nie. Plaas van om net ‘n week streng te wees (glo my jy kan in ‘n week jou kind sleep train) sukkel hulle nou elke dag 365 dae ‘n jaar. ?

Eileen de Sousa ·

Cheleste ek stem 100% saam met jou! My kiddies slaap al deur van 3 & ‘n half maande! Net soos jy jou kind leer eet, loop, praat, toilet te gebruik, ens. So moet jy jou kind ook leer om te slaap. Hulle kry tussen 11-12 ure slaap elke dag. 8pm is slaap tyd en dan ook 2ure middag slapie. Sleep training vat baie werk en geduld maar dis so die moeite werd! Ek gaan eerder daai week of twee deur (en glo my, JA dit is so gou) met ‘n gehuil en min slaap as wat ek moet sukkel elke aand, 365 dae elke jaar! ? Ek glo vas in roerine, roetine, roetine. Ek weet nie hoe ander ouers dit doen nie! Ek sal dood gaan van moegheid! Hahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.