Studeer in 2021 nauurs in Afrikaans

Foto verskaf deur Akademia

Is jy onseker oor wat jy wil studeer? Werk jy voltyds, maar oorweeg nauurse studies? Wil jy graag in jou moedertaal studeer? Kom vind dan meer uit oor studiemoontlikhede by Akademia tydens die inligtingsessie wat op Saterdag 5 Desember vanaf 10:00 tot 11:00 by landswye studiesentrums, en in Windhoek, gehou word.

“Akademia hou spesiaal ʼn laaste geleentheid vir die jaar waar voornemende studente wat nauurs wil studeer, ten spyte van ʼn moeilike jaar wat talle ervaar het, hulle studieopsies vir 2021 vir oulaas kan oorweeg,” sê Paul Vogel, operasionele hoof by Akademia. “Hierdie inligtingsessie bied vir voornemende studente die geleentheid om ʼn eg Akademia-ervaring te kry van hoe interaktiewe kontaksessies nauurs aangebied word.”

Akademia bied ʼn wye reeks beroepsrelevante kwalifikasies waarvan jy kan kies, soos BCom (Ondernemingbestuur), Baccalaureus Legum (LLB) en BCom (Bestuursrekeningkunde) – en dit alles in Afrikaans. Die nauurse onderrigmodel het ʼn gerieflike rooster wat ideaal is vir werkendes wat wil studeer, of persone wat bedags ander belangstellings nastreef.

Akademia se unieke model gebruik gevorderde tegnologie om kontaksessies vanuit die ateljee in Centurion regstreeks na twaalf studiesentrums regoor die land en in Namibië uit te saai. Klasse in die studiesentrums is ten volle interaktief en kan studente, wat byvoorbeeld in Bloemfontein gesetel is, vrae aan Windhoek-studente rig. Klasse word opgeneem en beskikbaar gestel om dubbele akademiese ondersteuning te bied.

Boonop hoef afstand jou nie daarvan te weerhou om studies te voltooi nie. As jy verder as 80 kilometer van jou naaste Akademia-studiesentrum woon, kan jy aansoek doen vir die e-leer-opsie om virtueel klas te draf in die gerief en gemak van jou eie tuiste, en dus ook as jy in die buiteland woon.

Nou ja, waarvoor wag jy? Stuur die jaar 2021 in ʼn opwindende akademiese rigting!

Weens Covid-19-regulasies is daar beperkte sitplekke vir die inligtingsessie op 5 Desember beskikbaar – verseker joune nou deur hier vir die inligtingsessie te registreer. Vir meer inligting oor Akademia se programaanbod, stuur ʼn e-pos na [email protected] of WhatsApp aan 0861 222 888

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.