Tuisonderwys: Pestalozzi Trust beskerm vryheid vir verskeidenheid

Argieffoto (Foto: Victoria_Borodinova/Pixabay)

Die Pestalozzi Trust is sedert 1998 sinoniem met “tuisonderwys”. Enige ouer wat tuisonderwys oorweeg, sal gou uit alle oorde die advies kry: “Onthou om by die Pestalozzi Trust aan te sluit!”

Hoekom sluit duisende tuisskoolouers by die Trust aan?

Onder die beskerming van die Trust slaap tuisskoolma’s en -pa’s snags rustiger. Die Trust beskerm hul vryheid – hul vryheid om te kan kies wat en hoe hulle kinders leer. Daarom sorg die Trust dat ouers met gemoedsrus kan tuisskool, en kan fokus op hul gesin en op hul tuisskool. Hierdie reg van ouers om te kan kies is ʼn reg wat universeel erken word, en is byvoorbeeld vervat in die Universal Declaration on Human Rights (1948) wat in Artikel 26.3 lui: Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.” Die Trust is juis gestig om die regte en vryhede van hul lidgesinne te beskerm, sodat hulle hul kinders volgens die gesin se eie godsdienstige en/of filosofiese en opvoedkundige oortuigings en kulturele tradisies kan opvoed.

As jy die Trust skakel of ʼn e-pos stuur, kry jy ʼn simpatieke, kundige, onbevooroordeelde oor aan die anderkant, want die Trust se personeel is almal baie deeglik onderlê in tuisonderwys, en deel graag hul wysheid en dekades-lange ervaring. Hulle tuisskool natuurlik hul eie kinders, of het kinders wat reeds volwasse is, en wat nou as alumni hul plek in die wêreld volstaan. Wat die Trust uniek maak, is dat hulle aan ʼn bekommerde of verwarde ouer onbevooroordeelde inligting en ondersteuning kan gee, wat nie uit die oogpunt van net een spesifieke kurrikulum of benadering kom nie.

Die Trust verstaan dus dat kinders van mekaar verskil, en dat onderwys liefs vir ʼn groot verskeidenheid benaderings en ʼn individuele aanslag voorsiening moet maak. Ouers ken hul kinders die heel beste, en leer gou hoe elke kind die beste leer. Die Trust moedig ouers ook aan om hul kinders genoeg tyd te gun om te speel en te dink. Omdat tuisskoolouers die kans het om hul kinders goed te leer ken, kan hulle hul kinders suksesvol en begelei in hul beroepskeuses.

Behalwe tuisonderwys, waar kinders in hul eie huise onderwys ontvang, is daar vandag ook menige klein skooltjies en sentrums. Ook hierdie klein skooltjies kan aansoek doen om lidmaatskap van die Trust, en deel dan ook in die lidmaatskapvoordele van die Trust. Hulle het byvoorbeeld ook toegang tot die 24/7-noodnommer van die Trust. Skakel die Pestalozzi Trust by 012 330 1337 of 071 192 6070 of besoek die webwerf vir meer inligting by www.pestalozzi.org.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.