Veilige Google-soektog vir jou kinders

Gebruik die soekenjin by Kiddle.co

Gebruik die soekenjin by Kiddle.co

As jy ooit bekommerd is waarop jou kinders gaan afkom as hulle party woorde in Google se soekenjin tik, is “Kiddle”-soekenjin spesifiek vir jou bedoel.

Kiddle word aangedryf deur Google se veiligesoek-opsie, maar dit behoort nie aan Google nie.

Die webwerf lyk egter baie bekend en herinner mens aan Google se gewone soekenjin. Daar is ook ʼn oulike ruimtetema om kinders te vermaak, in plaas van ʼn vervelige wit agtergrond.

Kiddle bied soekresultate wat per hand uitgesoek is deur redigeerders om seker te maak dat dit kindervriendelik is. Die eerste drie resultate is altyd deur die redakteurs goedgekeur as webwerwe wat veilig is vir kinders.

Só lyk die skerm wanneer jou kind iets ingetik het wat 'n onveilige resultaat of volwasse inhoud sou oplewer

Só lyk die skerm wanneer jou kind iets ingetik het wat ‘n onveilige resultaat of volwasse inhoud sou oplewer

Die volgende groepie uitslae sal webwerwe lys wat in eenvoudige taalgebruik geskryf is om seker te maak dat kinders dit maklik verstaan.

Kiddle waarborg dat jou kind veilig op sy soekenjin sal kan verkeer. Die soekgeskiedenis word ook elke 24 uur uitgevee en Kiddle samel geen persoonlike inligting in nie.

Indien jou kind ʼn woord sou soek wat sensitiewe of volwasse inhoud sou oplewer in ʼn gewone soekenjin, verskyn daar bloot ʼn robot met die woorde: “Oops, try again!”

Selfs indien jou kind ʼn soektog wou doen oor gewilde kunstenaars soos Justin Bieber of Lady Gaga, sal slegs die “veilige” resultate verskyn.

Lees meer oor Kiddle Safe Search
Gebruik Kiddle: Kiddle.co

*Let wel: Kiddle is spesifiek gefokus op Engels. Dit wil egter voorkom of Afrikaanse soekterme ook hierdeur gedek word, maar Maroela kan nie aanspreeklikheid aanvaar indien jou kind wel per ongeluk deur Kiddle op iets onsensitief of grafies afkom nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.