ʼn Baba genaamd Marcelinha het in miljoene mense se harte gekruip ná ʼn kostelike video op YouTube gelaai is van hoe dié dogtertjie haar pa vreeslik terg.
In die video probeer Marcelinha se pa haar naeltjies sny, maar elke keer dat hy die skêr naby haar vingers bring, maak sy ʼn geluidjie, so asof sy seerkry. Marcelinha se pa skrik elke keer, en dan begin sy skater van die lag.
Dit is baie duidelik dat die baba dié speletjie geniet en sy lag te heerlik soos wat haar pappa by haar pleit om mooi stil te sit. Naderhand lê hy ook soos hy lag en die hele naelknipgedoente is skoon vergete.
Dié gesin van Brasilië se video is al miljoene keer op Facebook en YouTube gekyk.
Hierdie video sal jou laat skater van die lag!
ha-ha
te wonderlik
Oulik, oulik verby!!! Kan nie help om self lekker te skaterlag nie.
Kostelik. Kyk die liefde en omgee vir mekaar!!