Video: Beste raad vir pasgebore babas

Skermgreep uit die video

Danielle Manton-Kelly, van Dorchester, Dorset in Engeland, het ʼn video op sosiale media gedeel van ʼn eenvoudige tegniek wat ma’s maklik kan probeer.

Manton-Kelly, ʼn ma van vier, sê die tegniek maak baba rustig en laat hulle binne sekondes slaap. Lucy, ʼn osteopaat (beengeneeskundige), het die tegniek vir Manton-Kelly gewys. Sy word beskryf as “ʼn internasionaal bekende baba-osteopaat”.

Die baba in die video is William, Manton-Kelly se jongste. Lucy hou hom met gesig na onder in haar arms sodat hy op sy magie lê en beweeg sagkens sy bene rond.

Lucy verduidelik dit help die baba se spysvertering en maak hulle meer gemaklik. Kort daarna kan mens sien hoe die baba byna glimlag voor hy aan die slaap raak.

In ʼn vooraf video het Lucy ook gewys hoe jy baba se lyfie kan masseer om seker te maak daar is beweging in die ingewande. “As daar nie beweging in die magie is nie, dan sit die melk vas en beweeg te stadig deur die ingewande. Dit kan dan gis en wind veroorsaak wat baie pynlik is vir baba.”

Manton-Kelly het ook haar eie webwerf waar sy advies en raad aan ouers verskaf, genaamd The Enchanted Nanny.

Sien die twee video’s hier onder. Die tweede deel, wat baba vinnig laat slaap, is al byna 2 miljoen keer op TikTok gekyk.

@enchantednanny##newbornhack ##colic ##newparents ##firsttimemom ##babyosteopath ##newborn ##tagafriend

♬ original sound – The Enchanted Nanny

@enchantednanny##babyosteo ##babyhack ##newbornhack ##parenthack ##iwishiknewthis ##gamechanger ##firsttimemom ##newparents

♬ original sound – The Enchanted Nanny

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VaalDonkie ·

Ek wonder altyd of hulle dink die baba kyk ook die videos en weet hulle is veronderstel om rustig te word?

Want ek weet ons enetjie het haar nooit gesteur aan al die truuks wat ons op die internet gesien het nie. Bv. ek moes altyd haar regter-beentjie trek om van die laaste windjies ontslae te raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.