[Video] Die gevare van sosiale media

Coby Persin (Skermskoot uit die video)

Coby Persin (Skermskoot uit die video)

ʼn Video wat ouers en tieners waarsku oor die gevare van sosiale media is die afgelope 3 dae reeds meer as 18.6 miljoen keer op YouTube gekyk.

Coby Persin (21) wat gereeld poetse bak en die video’s dan op YouTube laai, wou bepaal hoe maklik dit vir ʼn pedofiel is om met ʼn minderjarige kontak te maak deur sosiale media. Hy het met drie meisies se ouers gereël dat hy deur middel van ʼn valse Facebook-profiel met hulle sal kontak maak en dan gaan probeer om hulle te ontmoet. Persin het Effy Levy (effy_levy op Instagram) se foto’s gebruik en homself as ʼn 15-jarige seun voorgedoen.

Persin het die idee vir die video gekry ná ʼn werklike voorval waar ʼn pa sy tienerdogter betyds uit die kloue van ʼn aanvaller kon red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.