Video: Kom ons bou ’n sterker onderwysstelsel ná Covid-19

Argieffoto (Foto: ArtTower/Pixabay)

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) het sy reeks AON Tafelgesprekke vir prinsipale in die Wes-Kaap afgeskop met die doel om die ervaring van skoolhoofde tydens die Covid-19-pandemie vas te lê. Op dié manier kan lesse wat uit dié pandemie geleer is, gebruik word om ʼn sterker en beter onderwysstelsel te bou.

Daan Potgieter, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), het saam met die gesprekleier, René Arendse, in die eerste episode met Quinton Adams, ʼn opvoedkundige sielkundige, en Desmond Engelbrecht, hoof van False Bay Primêre Skool in Kaapstad, asook Joseph Bouman, hoof van Ravensmead Sekondêre Skool in Kaapstad, gesels.

In dié episode verken die paneel hoe die pandemie die diepte van leierskap op die proef gestel het, hoe hoofde die uitdagings oorkom het en hoe ons beginsels van veerkragtigheid en aanpasbaarheid kan toepas om ’n beter en sterker onderwysstelsel te bou.

Kyk hier na die video:

  • Die AON is ʼn laeprofiel, vennootskapgedrewe organisasie wat gehalte Afrikaanse onderwys volhoubaar van voorskools tot op tersiêre opleidingsvlak wil bevorder. Besoek die AON se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.