Video: Leeskultuur kan akademiese verliese help oorbrug

‘n Skermskoot uit die video.

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) het weer ʼn paar kenners bymekaar gemaak om te kom gesels oor sake in die onderwys. Hierdie keer fokus hulle op die akademiese onderrigtyd wat by skole verloor is in die laaste 19 maande sedert die Covid-19-pandemie die wêreld getref het.

Daar word gesels oor leierskap, strukture wat moes verander en hoe ’n sterk leeskultuur leerders help om hul akademiese verliese en uitdagings te oorkom.

Daan Potgieter, die uitvoerende hoof van die AON, gesels met Jo-Ann Schroeder, prinsipaal by Oklahomastraat Primêr in Macassar en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder by die Vriende van Afrikaans, oor die groot akademiese verliese veroorsaak deur die pandemie. René Arendse is die gespreksleier.

Kyk na die gesprek oor die onderwys hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miskruier ·

Weinig ouers moedig hul kinders aan om te lees. Satan se meesterplan, ons keer terug na die Middel-eeue waar priesters kon preek en voorlees wat hul wou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.