Video: Onderwys se grootste lesse uit Covid-19

onderwys-skool-skole-onderrig-argieffoto

(Foto: Unsplash)

In die tweede aflewering van AON Tafelgesprekke vir prinsipale deel Carin Venter van Hoërskool Kylemore, Winston Forbes van Rondeheuwel Primêre Skool, Rubin Steyn van Raithby Primêre Skool en Chris Jooste van Hoërskool Luckhoff hul grootste lesse van Covid-19.

Die paneel van hoofde verduidelik ook wat hul fokus sal wees om te verseker dat hulle hierdie jaar sterker aan die anderkant kan uitkom. Dit wat geleer en toegepas is, was nog nooit in teksboeke opgeteken nie.

Hulle is dit eens dat die onderwys op ʼn unieke plek in ons geskiedenis is en dat die onderwysstelsel met die hulp van ondersteuningsnetwerke soos die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) sterker aan die ander kant kan uitkom.

Daan Potgieter, uitvoerende hoof van die AON, vertel hoe dié organisasie saam met sy vennote skole ondersteun om te verseker dat die onderwys gesond bly.

Kyk hier na die video:

  • Die AON is ʼn laeprofiel, vennootskapgedrewe organisasie wat gehalte Afrikaanse onderwys volhoubaar van voorskools tot op tersiêre opleidingsvlak wil bevorder. Besoek die AON se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.