Video: Selfontdekking, taalrykheid dié kleuterskool se suksesresep

Die hoë gehalte van Eduplex se voorskoolse program is ook ontwerp om kinders voor te berei vir toekomstige akademiese, emosionele en sosiale sukses. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Met praktiese leermetodes, perdryklasse én parallelmedium-onderrig skep die privaat Christelike voorskool van Eduplex die ideale ruimte vir kleuters om te speel, leer én floreer.

Dié unieke voorskool bied ʼn koesterende, prettige omgewing vir kinders tussen twee en ʼn half en ses jaar oud en is ook deel van die groter groep Eduplex-skole – wat kinders van voorskool tot hoërskool huisves.

Die hoë gehalte van Eduplex se voorskoolse program is ook ontwerp om kinders voor te berei vir toekomstige akademiese, emosionele en sosiale sukses.

‘n Gevorderde musiekprogram stimuleer Eduplex-leerlinge se lees, wiskundige én emosionele ontwikkeling. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Hul kleiner klasgroepe, wat in Engels én Afrikaans aangebied word, sorg boonop dat kinders baie individuele aandag in hul moedertaal geniet, terwyl hul veeltaligheid op die speelterrein bevorder word. “Ons fokus is om ʼn taalryke omgewing te skep en luister-, taal- en sosiale vaardighede te ontwikkel. Die skool se taalbeleid skep dus dubbele voordele,” meen Tracey Teague, hoof van Eduplex se voorskool.

“Ons voorskoolklaskamers spog met groot glasdeure wat oopgemaak word sodat die binnekant en buitekant saamvloei om ons interaktiewe sensoriese tuine, wat al toekennings gewen het, deel te maak van ons kinders se unieke leerervarings.”

Eduplex se klem op sensoriese leer, selfontdekking en eksperimentering sorg ook dat die kleingoed sorgloos en al spelend gestimuleer word.

Dié skool spog ook met ‘n groot sensoriese tuin wat al verskeie toekennings ingepalm het. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

“Ons is ook die soort skool wat nog glo dat kinders kaalvoet op die gras moet kan rondhardloop en die lekkerste speel én leer wanneer hulle hul hande kan vuilmaak,” sê dié skoolhoof skertsend.

Eduplex-voorskool se gereelde bewegingsaktiwiteite hou die kleingoed ook fiks en gesond, ʼn gevorderde musiekprogram stimuleer hul lees, wiskundige én emosionele ontwikkeling, terwyl die weeklikse unieke terapeutiese perdry-aktiwiteite hul motoriese koördinasie, ruimtelike oriëntasie en integrasie van die vier hemisfere van die brein bevorder.

“As ʼn ma, voormalige onderwyser én passievolle skoolhoof kan ek ouers gerusstel dat hul kinders by ons tuis sal voel terwyl hulle topgehalte-onderrig ontvang. Elke dag hier is opedag.”

Vir meer inligting besoek www.eduplex.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.