Video: Uitvalsyfer en uitdagings in die onderwys

‘n Skermskoot uit die video.

Die uitvalsyfer van leerders wat nie skool voltooi nie, was voor die pandemie in Suid-Afrika reeds onrusbarend hoog. Die getal het egter tot meer as 750 000 geklim.

In hierdie episode van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) se onderwysgesprekke word gesels oor wat skoolgemeenskappe en hoofde kan doen om die hoë uitvalsyfer te hanteer. Daar word ook gesels oor hoe nuut aangestelde hoofde die mas in die ongekende tyd moet opkom en hoe belangrik selfsorg vir hoofde geword het.

René Arendse is die gesprekleier. Sy het met Daan Potgieter, die uitvoerende hoof van die AON, Linda Africa, hoof by Windermere Primêr in Kensington, en Chrizelda Layman van Rosendaal Sekondêr in Delft oor hul ervarings, advies en aanbevelings gesels.

Kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.