Video: Van Piet Retief tot konsentrasiekampe deur jonges se oë

Almal is dit eens dat die skoolkurrikulum arm is aan inligting uit die Afrikanergeskiedenis, en dat kinders nie meer hul eie geskiedenis ken nie.

Maar is dit inderdaad so, of kry Afrikaanse kinders darem ʼn skoot geskiedenis-kennis tuis of elders in? Maroela Media het ʼn bietjie informele navorsing gedoen deur vir ʼn klompie kleuters en laerskoolkinders vrae te vra oor feite uit die Afrikanergeskiedenis, onder meer oor die Anglo-Boereoorlog en die Groot Trek.

Dié navorsing het ʼn interessante en verrassende resultaat opgelewer: Die kinders wat die meeste vrae reg kon beantwoord, is almal aktiewe lede van die Voortrekkerbeweging, terwyl dié wat nie penkoppe en drawwertjies is nie, heelwat minder vrae kon beantwoord.

“Die Voortrekkers leer geskiedenis speel-speel met behulp van ʼn hele klomp kentekens wat wissel van taalgeskiedenis en die Groot Trek tot die Anglo-Boereoorlog,” sê Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers. “Ons maak geskiedenis persoonlik met ʼn fokus op familie en omgewingsgeskiedenis. Vanuit ʼn persoonlike benadering is dit makliker om die konteks van elke tydvak te verduidelik.”

Kyk gerus die video vir die kinders wat deel van die projek was se prettige, ernstige en soms baie kreatiewe geskiedenis-antwoorde. As jou keel toetrek omdat jou eie kinders die meeste van die vrae nie sal kan beantwoord nie (en omdat jy self dalk nie die antwoorde ken nie), maak ʼn draai op die Voortrekkers se webblad en skryf jou kinders in by jul naaste Voortrekker-kommando.

“Die Voortrekkers is ʼn aktiewe, vinnig groeiende organisasie wat deesdae spog met sowat 13 000 ingeskrewe Voortrekkerlede by 150 kommando’s landswyd en in Namibië,” sê Langner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anel ·

Mense kan sien watter kinders is Voortrekkers en wie se ouers hulle van ons land se geskiedenis leer. Selfversekerde kinders.

koos ·

Ek was ‘n Voortrekker gedurende die vroeë 1970’s. Het glad ‘n paar kampe op Sarel Cilliers se plaas gehad. Wat my uiteindelik afgesit het, is die grootmens-leiers se houding van eksklusiewe meerwarige Afrikaner elite. Dit was en is nonsens en word bevorder onder die vaandel van sogenaamde Christenskap. Miskien het die tyd aangebreek dat ek van Kmdt. Geyer en sy vrou vergeet en hulle vergewe? Hulle is in elk geval lankal “gone” met die ossewa na die Koue Bokkeveld. Die Voortrekkers is nie ‘n slegte beweging nie, en dit is ons behoud waar ons deur die huidige regime onderdruk word. Hou Koers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.