Waar is jou kind in 2040?

Argieffoto (Foto: SweetLouise/Pixabay)

As ouers het ons geen manier om te weet hoe presies die jaar 2040 gaan lyk nie. Watter beroepe gaan nog bestaan? Watter splinternuwe beroepe is in die tussentyd dalk geskep? Hoe lyk die skoolstruktuur? Hoe lyk die wêreldekonomie?

Eenvoudig gestel: hoe sal ʼn mens ooit werklik met akkuraatheid kan antwoord? Hierdie onsekerheid, wat maklik vir ouers ʼn bron van angs kan word, kan egter ook ʼn rede wees vir opwinding: ʼn geleentheid om te fokus op beginsels en boustene wat universeel en tydlose toepassing het tot die versekering van ʼn blink toekoms vir ons kinders.

Een van daardie boustene is moedertaalonderrig. Moedertaalonderrig sonder ʼn fokus op toekomsgereedheid is egter nie voldoende nie …

MOS-Wêreldwyd, Suid-Afrika se Afrikaanse aanlyn tuisskool, fokus eerstens om die beginsels van toekomsgereedheid te prioritiseer. Dit sluit in ʼn fokus op “free learning”, aanmoediging tot vrye denke en lewenslange leer, entrepreneurskap, sowel as die sogenoemde wêreldbevoegdhede van kommunikasie, kritiese denke, saamwerk, en kreatiwiteit.

Wanneer ʼn mens MOS-Wêreldwyd se toekomsgerigte stelsel kombineer met onderrig in jou kind se moedertaal, is dit ʼn wenresep. Enkele voordele van moedertaalonderrig sluit in:

  • Kinders leer met meer gemak in die taal wat hul die sterkste praat en presteer ook beter. Navorsing bewys dat kinders se selfvertroue, ook buite die klaskamer, verhoog wanneer hul in hul moedertaal skool gaan.
  • Kinders wat in hul moedertaal onderrig ontvang, leer tweede en derde tale met meer gemak aan. ʼn Afrikaanse kind wat die geleentheid gebied word om in Afrikaans skool te gaan, is dus meer waarskynlik om ʼn taal soos Engels beter te bemeester. Die argument dat kinders in Engels moet skool gaan omdat die wêreld verengels is dus ongeldig. Boonop kry die meerderheid van kinders meer as voldoende blootstelling aan Engels deur media en ander kanale.
  • Kinders wat in hul moedertaal onderrig word, begryp abstrakte konsepte met meer gemak. Die begryp van abstrakte konsepte raak toenemend belangrik in ʼn wêreld waar dinge soos entrepreneurskap al meer op die voorgrond is.

Die resultaat van leer by die MOS is lewenslange leerders, wêreldburgers en innoverende leiers wat uitnemendheid verstaan en nastreef.

Kies daarom toekomsgerigte onderrig in Afrikaans. Kies MOS-Wêreldwyd.

Inskrywings by MOS-Wêreldwyd is oop vir graad 4 tot 11. Vir meer inligting besoek die MOS-Wêreldwyd-webtuiste: https://www.moswereldwyd.co.za/.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.