Wat koop jy vir jou kind dié Kersfees?

(Foto: Verskaf)

Die speelgoedwinkel Toys R Us het vroeër vandeesmaand die 25 gesogste speelgoed vir kinders van alle ouderdomgroepe bekend gemaak.

“Die gewildste speelgoed, wat ’n paar eksklusiewe vrystellings insluit, is elkeen met die hand deur ons span kundiges uitgesoek. Dit het dit vir ons makliker as ooit gemaak om iets opwindends vir kinders van alle ouderdomsgroepe te vind. Ons speelgoedlys bevat iets waarvan elke kind sal hou; dit sal beslis die feesseisoen vreugde versprei,” sê Catherine Jacoby, bemarkingsbestuurder van Toys R Us.

Jacoby verduidelik dat die nuutste neigings in die speelgoedwêreld speelgoed uitpak (toy unboxing), buite speel en kreatiewe bouwerk insluit.

“Dit is speelgoed wat wetenskaplike, tegnologiese, ingenieurswese en wiskundige vaardighede by kinders ontwikkel en versterk. Dit is veral sensoriese en opvoedkundige speelgoed wat dié jaar speelgoedrakke oorheers.”

Die ervaring om speelgoed uit te pak, word interaktief en uitgebrei met kleure en reuke en verskillende bokse wat oopgemaak word.

Jacoby sê produkte soos Rainbocorns Jelly Shake Surprise, Barbie en Hot Wheels Colour Reveal, sal volgens hulle voorspellings prominent op kinders se wenslysies vir Kersfees verskyn.

(Foto: Verskaf)

Vroetelspeelgoed (fidget toys) is tans ook besonder gewild. Die reeks speelgoed word deurlopend verder ontwikkel met nuwe ontwerpe en kleurskemas. Vroetelspeelgoed help ook om angs en stres te verminder en versterk motoriese vaardighede.

Die Covid-19-pandemie het gesinne die geleentheid gebied om meer tyd saam deur te bring, wat vir ʼn nuwe tendens – gesinsbuitespel – gesorg het. Jacoby sê die Quest Wooden Outdoor Games bied verskillende buitelugspeletjies vir gesinne en Tumble word eksklusief deur Toys R Us verskaf.

Vir tieners wat amper niks meer geniet as om tyd saam met hul vriende deur te bring terwyl hulle herinneringe opbou en vaslê nie, is die Instax Mini 11-kamera die perfekte geskenk.

Dinosourusse bly steeds ʼn gewilde gunsteling onder jonges en word in verskeie kategorieë en by groot handelsmerke gesien, onder andere konstruksievoertuie, robotte, Air Blasters, Power Rangers, Transformers, Nerf en Imaginext.

(Foto: Verskaf)

“Die tophandelsmerk bly egter Jurassic World met dinosourusse wat baie realistiese besonderhede het en op allerhande maniere kan beweeg. Ons topverkoper in hierdie kategorie is die Jurassic World Stomp en Escape T-Rex.”

 

Jacoby sê alhoewel radiobeheerde speelgoed nog altyd hoog op die geskenklys was, het Toys R Us die behoefte raakgesien om stewiger radiobeheerde items met hoër verrigtingsvermoë aan te skaf sodat kinders van alle ouderdomme die speelgoed vir ʼn langer tydperk kan geniet.

“Die Nexx-reeks val in ʼn ander klas,” vertel sy, “dit bied aan ouer kinders die genot van radiobeheerde toestelle met uitstekende gehalte, terwyl dit steeds verbruikersvriendelik is, en direk uit die boks gereed vir speel is.”

Hier is die 25 gewildste speelgoed vir 2021:

  1. My Garden Baby™ Giggle & Crawl Babby Butterfly™ Doll
  2. Baby Alive Baby Grows Up Happy
  3. Caylee Travel Jet & Doll
  4. Barbie Extra Doll & Playset
  5. Barbie® Color Reveal™ Foam Doll
  6. Rainbocorns Jelly Shake Surprise
  7. Itty Bitty Prettys Angel High Collectables Angel Dolls
  8. Barbie Tie Dye Creation Station
  9. Playdoh Monster Truck Playset
  10. Club Petz-Blu 2.0
  11. Lego Friends Doggy Day Care
  12. Lego City Car Transporter
  13. Nexx Stunt Radio Control Superbike
  14. Transforming Stunt RC
  15. Hotwheels Colour Reveal 2 pack assorted
  16. CAT Roarin Rex-cavator
  17. Reggies Military Plane
  18. Jurassic World Stomp and Escape T Rex
  19. Nerf Elite 2.0 Flip 8 Foam Dart Blaster
  20. Quest 60pc Giant Wooden Tumble Tower Natural
  21. Zingo Move 3.0 6 Inch
  22. Batmobile Ride On 12v
  23. Bubblegum 7” Educational Tablet Blue or Pink
  24. Instax Mini 11 Camera & Film Bundle Assorted
  25. Power Kid Educational Laptop

’n Geskenkgids van Toys R Us, “Geoffrey’s Big Book of Wonder”, wat spesiaal vir die feesseisoen gedruk is, is nou landswyd by hul winkels beskikbaar, en kan ook aanlyn verkry word. Dit is ’n spesiale geskenkgids wat uit 68 bladsye bestaan en gevul is met allerhande speelgoed vir enige ouderdomsgroep en begroting met ongelooflike aanbiedings.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Danie

Meeste van die goedjies kos n plaas se prys, swak kwaliteit en word na 2 dae saam met al die ander speelgoed in n boks gegooi.

Racheltjie Debeer

Dis net die baie rykes wat die goed kan bekostig!

melaney

Met die allewige inkrimping van werksgeleenthede, dink ek dat kos bo-op die lys van benodighede sal wees.