Wat verwag onderwyskenners van die 2022-skooljaar?

Argieffoto. (Foto: Elaine Krige)

Die meeste ouers het talle vrae én voorspellings oor wat die 2022-skooljaar vir hul kinders kan inhou. Ongelukkig het niemand ʼn kristalbalblik op die toekoms nie en niemand weet presies hoe die volgende paar maande gaan lyk nie.

Die afgelope 18 maande het ons kinders daaraan gewoond geraak om daagliks maskers te dra, om speeltye in afgemerkte gebiede deur te bring, om direkte kontak met hul vriende te vermy en verbied te wees om deel te neem aan hul gunsteling-sportsoorte en buitemuurse bedrywighede.

Hoewel ons hierdie bykomende veiligheidsmaatreëls verwelkom, is dit soms moeilik om lig aan die einde van die tonnel te sien. Oorweeg ʼn mens die moontlikhede vir die komende jaar, is die slegste vooruitsig nóg ʼn streng inperking met skole wat sluit, en die beste vooruitsig dat skole heropen met die bestaande veiligheidsmaatreëls steeds van toepassing, met sporadiese onderbrekings in onderrig en sluiting as gevolg van blootstelling aan positiewe Covid-19-gevalle.

Die een ding wat seker is, is dat die tradisionele skoolomgewing onherroeplik verander het, en dat die mense wat verantwoordelik is vir onderwys (taamlik vinnig) moet aanpas by dié ongekende omstandighede.

Hoewel talle skole tydens die pandemie aanlyn opsies en tuisonderrig as oplossings voorgestel het, was heelwat van dié oplossings ʼn soort refleks om die krisis te probeer “hanteer”. Hierdie onbeplande benaderings om afstandonderrig te bevorder het bykomende stres en ontwrigting vir leerders (en ouers) beteken, en is nie ʼn ware voorstelling van wat tuisonderrig en aanlyn skoolprogramme behoort te wees nie.

Ons het met ʼn paar kenners in die onderwysbedryf gepraat om hul siening van onderrig tydens die pandemie te kry en hulle bied hul persoonlike ervarings van en menings oor dít wat ouers en leerders in 2022 te wagte kan wees.

Jaun-Pierre Da Silva, eienaar van Forever and More, ʼn CambriLearn-vennoot, sê: “In 2020 en 2021 het heelwat ouers in ʼn tradisionele skoolomgewing moeite gehad om by te hou met hul skool se onderrigmetodes omdat elke onderwyser ʼn ander platform gebruik het: Party het opnames op Google Classroom geplaas, ander het Zoom gebruik terwyl ander bloot WhatsApp gebruik het. Die leerders is die meeste geraak omdat hulle tred moes probeer hou van wanneer hulle klas het, op watter platform dit is en hulle moes dié platforms boonop baasraak. Die meeste van die leerders wat gewoonlik in die klas vrae sou vra, het huiwerig geraak wat daartoe gelei het dat hulle die werk nie verstaan nie. Leerders het emosioneel skade gely deur die gebrek aan sosiale interaksie, en omdat hulle nie aan enige sport kon deelneem nie, het dit ook ʼn groot invloed gehad op hul fisieke ontwikkeling.

“As CambriLearn-onderwyskonsultante kon ons gelukkig oop bly tydens die meeste van die inperkings. Ons leerders en onderwysers het reeds geweet hoe om platforms te gebruik en onderrig kon min of meer voortgaan asof niks verander het nie. Ons leerders het goeie punte bly handhaaf en lesse is afgehandel soos beplan. Ons onderwysers was nie onder druk om ʼn nuwe manier van onderrig baas te raak nie omdat omtrent niks verander het nie.”

Brett Garner, adjunkhoof van CambriLearn, het die volgende te sê oor onderrig tydens die pandemie: “Elke keer wat ʼn tradisionele skoolkalender opgestel word, word dit gedoen met die wete dat dit moontlik kan verander. Die negatiewe effek van dié onsekerheid op skooladministrateurs, onderwysers en leerders moet ʼn mens nie onderskat nie. Oplossings soos aanlyn en afstandonderrig het toenemend nodig geword, en skole met ʼn stewige en beproefde aanlyn onderrigbenadering sal sonder twyfel vir hul leerders die beste afstand- en regstreekse onderrig kan bied. Die noodsaak vir hierdie gemengde benadering sal ʼn mate van sekerheid bied, geskoei op die feit dat die aanlyn onderrigkomponent duidelik voorspelbaar is.

“Die afgelope twee jaar het duidelik ʼn tol geëis en een van die grootste uitdagings waarvoor ouers, leerders en onderwysers te staan gaan kom in die komende jaar is geestesgesondheid.

“Die oorweldigende hoeveelheid stres, angs en onderbrekings in onderrig was vir leerders heelwat om te hanteer. Opvoeders en ouers sal moet begin aandag gee aan ‘skadebeheer’ deur kursusse wat fokus op sosiale en emosionele onderrig (SEL). Beyond Academic Learning, ʼn navorsingsverslag van die internasionale Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD), wys op die direkte verband tussen akademiese sukses en goeie sosio-emosionele vaardighede. Met ander woorde, ʼn leerder wat goed is met sosio-emosionele vaardighede sal waarskynlik goed vaar op skool. Leerders wat nuuskierig en volhardend is, vaar byvoorbeeld beter in wiskunde en leeswerk.

Jannie Nel van Eden- opvoedkundige dienste sê: “Die pandemie het leerders in staat gestel om gebruik te maak van aanlyn private onderwysers en aanlyn platforms vir spesialisvakke wat nie by hul skole aangebied word nie. Die kortkursusse en informele vakke soos sosiale en emosionele onderrig en kursusse in robotika wat aangebied word deur CambriLearn is tipiese voorbeelde hoe hoofstroom leerders in staat is om hul kurrikulum aan te vul. Die gewilligheid van tuisonderrig-diensteverskaffers om met skole saam te werk kan wees wat nodig is om vertroue in ons onderwysstelsel te herstel.”

Wanneer dit kom by die onderwysoplossing vir jou kind moet ouers bepaal “of ʼn addisionele aanlyn onderrigplatform die beste vooruitsig is vir my kind se opvoeding, of moet ons kyk na bestaande tuisonderrig en aanlyn verskaffers om beter oplossings te vind om die 2022-skooljaar mee tegemoet te gaan?” Selfs al is die oplossing tydelik, kan jou kind bekostig om onderrig vir nóg ʼn jaar te verloor?

*Klik hier vir meer inligting oor CambriLearn

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.