Wen: R1 000 op die spel vir ʼn gelukkige gr. 1’tjie

(Foto: Maroela Media)

Om vir die eerste keer skool toe te gaan is ʼn groot mylpaal in elke kind se lewe. Daar is gewoonlik groot opwinding in die huis en die opgewonde haasbekkie én sy senuweeagtige ma is gewoonlik sommer al vroeg-vroeg uit die vere om aan te meld vir die eerste skooldag.

Die skoolklere word die vorige aand al gestryk en netjies uitgelê en die skoolskoene word blinkgepoets, al bly hulle soms agterweë omdat boetie of sussie besluit om sommer die eerste skooldag met kaalvoete aan te durf.

Maroela Media wil graag deel in dié vreugde!

Stuur vir ons jou graadeentjie se eersteskooldag-foto vir 2020 en jy kan ʼn wonderlike kontantprys ter waarde van R1 000 wen! Maak seker jou inskrywing bereik ons teen Woensdag 22 Januarie 2020. Die wenner sal in die daaropvolgende week per e-pos in kennis gestel word en die wenner sal ook op Maroela Media bekendgemaak word.

Bepalings en voorwaardes

  • Slegs een wenner sal aangewys word.
  • Die wenner sal deur ʼn beoordelaarspaneel van Maroela Media gekies word.
  • Die inskrywingsvorm moet volledig ingevul wees.
  • Die wenner sal tussen 27 en 31 Januarie 2020 per e-pos in kennis gestel word en die wenner sal ook op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die kontant sal direk per elektroniese oordrag in die ouer/voog se bankrekening inbetaal word nadat die besonderhede skriftelik bevestig is.
  • Maroela Media se beslissing oor die wenner is finaal. Geen verdere korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy toestemming dat ons jou kind se foto saam met sy/haar naam op Maroela Media mag publiseer en op sosiale media (Facebook en Twitter) mag deel en vrywaar jy Maroela Media van enige onbeplande reaksies daarop.
  • Lees Maroela Media se algemene bepalings en voorwaardes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.