[Wen] Sit kleur in ons geskiedenis: Wen met ‘Kaalvoethelde’

[Promosie]

 wolraad-woltemade.jpg

Een van die prentjies wat ingekleur kan word. Wolraad Woltemade is hier in aksie (foto verskaf deur Kaalvoethelde)

Elkeen van ons het ’n stukkie dapperheid wat ons penregop laat staan en die lewe vas in die oë kyk. Soms laat ons egter ons innerlike karakter iewers agterweë en moet weer herinner word aan wie en wat ons werklik is. Ons kan daardie trots weer gaan herwin dáár waar ons wortels lê. Die onbaatsugtigheid van Johan le Roux, die vreesloosheid van Marthinus Oosthuizen, die dapperheid van ’n Wolraad Woltemade en die getrouheid van ’n Dirkie Uys skuil in elkeen van ons. Stories soos dié van Japie Greyling en Emily Hobhouse moet aan ons kinders vertel word sodat hulle, met trots, vas kan staan en ’n barshou kan kyk. Hulle moet toegerus word om met vaste tred die lewenspad aan te durf.

Loopgraaf Produksies en Adam Tas gaan hierdie verhale met sorg op film vaslê sodat die stories sonder politieke agendas oorvertel kan word. Die verfilming van sekere episodes is reeds afgehandel en die eerste DVD behoort iewers in die tweede helfte van dié jaar vrygestel te word. Die eerste projek bestaan uit drie produkte: Jy sal kan kies of jou kind die kort DVD-vertellings deur Meyer le Roux by die huis gaan kyk, liewer na die storie in die motor gaan luister of self die storie gaan lees. Luister gerus na die klanksnit bo aan die artikel waar Adam gesels oor die proejk.

Daar is besluit om die stories van die helde in ons geskiedenis met smaak aan ons kinders voor te hou. Volksfabels soos Jan van Hunks wat die duiwel onderstebo rook en Antjie Somers wat kinders skeefoog dophou, gaan by die reeks ingesluit word. AfriForum pak hierdie projek in samewerking met Adam Tas en Meyer le Roux aan.

Die “Kaalvoethelde”-span het besluit om kinders in hierdie projek te laat deel – dit gaan immers oor ons kinders en daarom stuur die span twee kompetisies van stapel waarin jou kind lekker sakgeld kan wen.

Hoe om in te skryf?

Luister gerus hier hoe Adam Tas verduidelik hoe om in te skryf:

Vir laerskoolleerders:

 emily-hobhouse.jpg

Inkleurprent van Emily Hobhouse (foto verskaf deur Kaalvoethelde)

In die laerskolekompetisie is daar tien pryse van R1 000 elk op die spel. ’n Storieboek met tien stories gaan die lig sien. Jou kind kry die geleentheid om ’n prent van een van die tien stories in te kleur. Die beste prent in elke storie wen R1 000, en dié prent word ook in die boek opgeneem wat waarskynlik later vanjaar gepubliseer sal word. Slegs laerskoolleerders mag deelneem.

Die reëls, prente en inskrywingsvorms kan hier elektronies afgelaai en by die huis voltooi word. Voltooide inskrywings met die inkleurprente moet per e-pos saam met die inskrywingsvorm na [email protected] gestuur word.

Die beste prente word weekliks gekeur en op sosiale media geplaas.

Vir hoërskoolleerders:

Hoërskoolleerders kry die geleentheid om R5 000 los te slaan deur die voorblad vir die Kaalvoethelde No 1-boekie te skets. Handgetekende weergawes met inkleurpotlode of houtskool op papier kom in aanmerking. Geen pastel-, olieverf- of elektronies ontwerpte inskrywings sal oorweeg word nie. Alle graad 8-, 9- en 10-leerders mag deelneem.

Die reëls en inskrywingsvorm kan elektronies afgelaai en by die huis voltooi word. Voltooide inskrywings moet per e-pos saam met die inskrywingsvorm na [email protected] gestuur word.

Die beste prente word weekliks gekeur en op sosiale media geplaas.

Vir enige navrae, stuur gerus ‘n e-pos aan [email protected] 

Jy kan “Kaalvoethelde” op Facebook dophou om te sien of jou kind se prent gekeur is. Albei kompetisies sluit op 6 Mei 2018.

Hierdie kompetisie is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.