Wen: Stuur vir ons foto’s van jou gr. 1’tjie se eerste skooldag!

Argieffoto (Foto: BirdEL/Pixabay)

Die graadeentjie in jou huis sien nou al maande lank uit na dié dag en hy wou al met sy nuwe skoolskoene en tas in die bed klim!

Die kosblik en tas met inkleurpotlode is gepak, skoolskoene is blinkgevryf, die hare gekam en tande geborsel – die eerste skooldag is uiteindelik hier! Al is daar soms trane (van die graadeentjie en die ma!), is dit met trots dat jy jou kind toelaat om self sy vlerke te sprei.

Maroela Media wil graag deel in dié vreugde!

Stuur vir ons jou graadeentjie se eersteskooldag-foto vir 2019 en jy kan ʼn wonderlike Maroela-geskenkpak wen! Maak seker jou inskrywing bereik ons teen 11 Januarie 2019. Die wenner sal in die daaropvolgende week per e-pos in kennis gestel word en die wenner sal ook op Maroela Media bekendgemaak word.

Die geskenkpak bestaan uit die volgende:

  • 1 stel Kindertaal-yskasmagnete
  • 1 x Lipsalf
  • 1 x Kettie
  • 1 x Klimtol
  • 1 x Kinderkosblik
  • Boek en CD – Jesus-avonture vir kaalvoeters (Oom Karoolus en Lente)
  • Boek en borsspeld – Wie is jy Mnr Slym? (Zanri Kritzinger)
  • Boek – My Gunsteling legkaart-Bybel

Skryf nou in

Hierdie kompetisie is gesluit.

Oops! We could not locate your form.

Bepalings en voorwaardes

  • Slegs een wenner sal aangewys word.
  • Die inskrywingsvorm moet volledig ingevul wees.
  • Maroela Media se beslissing oor die wenner is finaal. Geen verdere korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy toestemming dat ons jou kind se foto saam met sy/haar naam op Maroela Media mag publiseer en op sosiale media (Facebook en Twitter) mag deel en vrywaar jy Maroela Media van enige onbeplande reaksies daarop.
  • Lees Maroela Media se algemene bepalings en voorwaardes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kornel ·

Wonderlik, ongelukig kan ek nie n mooi foto stuur nie, want ons het nie die geld vir pragtige skool kleure en mooi skool tassie en en ..

Mag daar sommer baie wenners wees.
Mooi dag vir almal wat skool begin en GENIET dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.