Woeries weer die top- akademiese hoërskool in Centurion

Chanté Bosch (links), Johan Piek (regs bo) en Divan Grundlingh (regs onder) (Foto’s verskaf)

Hoërskool Centurion is ongelooflik trots op die topgehalte matriekuitslae wat vanuit die 2019 matriekgroep verwerf is. Die groep van 160 leerders het ʼn gemiddeld van 66% behaal,  224 onderskeidings gekweek met ʼn 91,2% universiteitsvrystelling en ʼn 8,8% diplomatoelating.

Hierdie fenomenale uitslae beteken dat 100% van die leerders vir tersiêre opleiding kwalifiseer. Hierdie resultate getuig van die hart en siel wat deur die leerders, ouers en personeel ingesit is.

Die Woeries is een van die topskole in Tshwane-Suid, wat ook as die beste distrik nasionaal aangewys is. Dit is ook duidelik dat die Woeries trots is op hul moedertaal, aangesien ons volgehoue prestasies in die vak Afrikaans behaal en vanjaar as een van die top-20 skole nasionaal vir onderskeidings behaal, aangewys is. Die leerders het ook baie goed in Engels gevaar, waar 90 uit die 160 leerders ʼn A- of B-simbool verwerf het.

Die toppresteerder van die jaar, Chanté Bosch behaal onderskeidings in al nege haar vakke en slaan ʼn gemiddeld los van 92,2%. Chanté was vanaf gr.8 tot gr.12 die top- akademiese presteerder van haar graadgroep. Sy gaan vanjaar haar mediese studies op Tuks begin en wil spesialiseer as ʼn kardiovaskulêre chirurg.

Die volgende twee leerders was kort op Chanté se hakke en het ook uitnemend presteer: Johan Piek spog met agt onderskeidings en Divan Grundlingh met sewe onderskeidings. Daar is ook twee leerders met ses onderskeidings, agt met vyf onderskeidings en drie met vier onderskeidings.

By Hoërskool Centurion word daar kwartaalliks met die matriekgroep gepraat oor hulle mikpunte, drome en hoe hulle dit kan bereik. Die kleiner aspekte kry baie aandag, daar word gefokus op die verbetering en versterking van probleemareas en die sterker areas word na nog hoër hoogtes gelei. “Die personeel by ons skool is topkwaliteit opvoeders,” sê adjunkhoof David Barnard en dit kan ʼn mens duidelik in die resultate sien.

Johan Koekemoer, wat onlangs as nuwe hoof van die Woerie-kampus ingehuldig is, het ʼn groot visie vir die skool en glo dat hy met sy passie en leiding die skool na nuwe vlakke gaan neem.

Matrieks 2019, julle was ʼn merkwaardige groep! Julle selfdissipline, doelgerigtheid en harde werk het vrugte afgewerp. Ons groet julle as jong volwassenes en weet dat julle ʼn mooi en blink toekoms het wat vir julle wag!

Hiermee ʼn lys van die leerders wat uitstekend presteer het en die volgende aantal  onderskeidings behaal het:

Nege onderskeidings:
Chanté Bosch

Agt onderskeidings:
Johan Piek

Sewe onderskeidings:
Divan Grundlingh

Ses onderskeidings:
Nina du Preez
Cassandri Labuschagne

Cassandri Labuschagne (ses onderskeidings) (links) en Nina du Preez (ses onderskeidings) (regs)

Vyf onderskeidings:
Hardus Badenhorst
Savannah Combrinck
Bronwyn Duvenhage
Tiaan Geldenhuys
Danél Greeff
Shana Janse van Rensburg
Abigail Roth
Heidi van der Walt

Vier onderskeidings:
Kayla Bezuidenhout
Elani Botha
Marco Botha

Topvakke se uitslae, onderskeidings en gemiddelde:

  • Toerisme: 79% | 46 leerders | 26 onderskeidings
  • Lewensoriëntering: 75% | 76 onderskeidings
  • Drama: 71%
  • Duits: 71% | 7 leerders | 3 onderskeidings
  • Kuns: 70% | 10 leerders | 2 onderskeidings
  • Elektriese Tegnologie: 70%
  • Engels FAL: 69%
  • Fisiese Wetenskappe: 69% | 49 leerders | 16 onderskeidings
  • Rekeningkunde: 68% | 21 leerders | 4 onderskeidings
  • Afrikaans: 68% | 24 onderskeidings
  • Wiskunde Geletterdheid: 66% | 15 onderskeidings
  • Inligtingstegnologie: 65% | 15 leerders | 4 onderskeidings
  • IGO: 65% | 58 leerders | 12 onderskeidings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.