Wolkskool op die radio: Hoekom wetenskap?

(Foto: ThisisEngineering RAEng/Unsplash.)

Watter vakke sluit wetenskap in en wat maak dit spesifiek besonders? Dit is van die vrae wat in die jongste aflewering van die Wolkskool se radiogesprek aangepak word.

Volgens Celeste Labuschagne, ʼn Wolkskool-dosent, is natuurwetenskappe, lewens- en fisiese wetenskappe die een vak wat jou kinders besonder nader aan die skepping bring – van ʼn mikroskopiese vlak tot by die hemelruim.

Sy verduidelik waarom die vak kan help om van ons land en die wêreld se grootste krisisse, van Covid-19-pandemie en hongersnood tot elektrisiteitsverskaffing, kan help oplos.

Labuschagne het met MD Greyling van Pretoria FM oor hierdie vak gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlike gemaak met ondersteuning uit die opleidingafdeling van die Solidariteit Beweging se krisisfonds.  Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.