Wolkskool op die radio: Waar kom wiskunde vandaan?

‘n Spiraaltrap in die Vatikaanstad. (Foto: Reuben Teo/Unsplash.)

Johan Koekemoer, hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), bespreek die debat tussen Sokrates en Plato rondom die vraag: Word wiskunde geskep of ontdek.

Nadat ons ’n raamwerk gekies het, gaan kyk ons na verskeie samelewings soos die Khoi, die Babiloniërs en die Majas en hoe hulle wiskunde gelyk het. Laastens doen ons aan by Leonardo Pisano (Fibonacci) en kyk waar kom die getalle vandaan wat ons as Westerlinge vandag nog gebruik.

Koekemoer het met MD Greyling van Pretoria FM oor hierdie onderwerpe gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat hoë gehalte videolesse, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap, en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn nie-winsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlike gemaak met ondersteuning uit die opleidingafdeling van die Solidariteit Beweging se krisisfonds.  Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.