Wolkskool op radio: Die waarde van rekeningkunde

sakrekenaar-rekenkunde-inkomste-uitgawes

Foto: Robert-Owen-Wahl/Pixabay.com

Fraser Parker, van die Wolkskool se afdeling vir handelsvakke, het verduidelik waar leerders vir die eerste keer eintlik met rekeningkunde begin werk.

Hy verduidelik ook waar die vak se kennis prakties toegepas kan word en waarom hy leerders sal aanmoedig om die vak te neem.

Parker het met MD Greyling van Pretoria FM oor hierdie onderwerp gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se Krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.