Wolkskool op radio: Help jou kind se spraakvaardighede ontwikkel

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Spraakvaardighede is ʼn belangrike element van elke kind se opvoeding, maar die mate waarin dié vaardigheid ontwikkel word kan ook ʼn direkte impak op ʼn kind se kommunikasievermoë en verhoudinge later in hulle lewens.

Jana Terblanche, die hoof van GeRAT, die Afrikaans-vakvereniging van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), gee ʼn hele paar praktiese en maklike wenke aan ouers om jonger en ouer kinders se spraakvaardighede in die inperkingstyd te ontwikkel.

Terblanche het met MD Greyling van Pretoria FM oor hierdie onderwerp gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlike gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se Krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek bo-aan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.