Wolkskool op radio: Hulpbronne vir Afrikaans as vak

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Jana Terblanche is hoof van GeRAT, die Afrikaansvakvereniging van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), en sy gaan vanmiddag kinders, ouers en onderwysers op die belangrikheid en beskikbaarheid van Afrikaanse hulpbronne wys. Om dit maklik te maak en in 15 minute oor te dra, gebruik sy die akroniem BRON om hierdie konsep te verduidelik.

Terblanche het met MD Greyling van Pretoria FM oor hierdie vak gesels.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlike gemaak met ondersteuning uit die opleidingafdeling van die Solidariteit Beweging se krisisfonds.  Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Queline ·

Ek kan net dankie sê aan haar en wolkskool. Dit het my seun baie gehelp in die tydperk

Tienie ·

Wolkskool.

Eerste keer dat ek die woord hoor.

Interessant.

Gelukkig is ek oud en hoef nie meer te leer nie want ek sien hulle gebruik sulke lang woorde hier dat my konsentrasie op raak hier na die helfte van die woord se spelling.

Grappie Julle.

Ek stuur dit aan vir die kleinkinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.