Wolkskool op radio: Wat leer wiskunde my eintlik?

Foto ter illustrasie. (Foto:
Rick Mason/Unsplash.)

Baie mense dink dat wiskunde jou kreatiwiteit leer, maar sonder kreatiwiteit sal jy by wiskunde self niks veel kan leer nie. Wiskunde op skoolvlak is primêr verantwoordelik om leerders te leer om vas te byt en aan te hou – ʼn karaktereienskap wat volgens Angela Duckworth van sleutelbelang is vir sukses in die 21ste eeu.

Dit is die mening van Johan Koekemoer, hoof van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW).

Koekemoer het met MD Greyling van Pretoria FM hieroor gesels, en verduidelik hoekom kreatiwiteit en die sagte vaardighede wat wiskunde jou leer so belangrik is.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum wat videolesse van hoë gehalte, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos wiskunde, wetenskap en Afrikaans as huistaal verskaf. Die SOS is ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat die gehalte van Afrikaanse onderrig wil help verseker. Besoek Skole.co.za of die Wolkskool vir meer inligting hieroor.

Hierdie gesprekke is moontlik gemaak met ondersteuning uit die opleidingsafdeling van die Solidariteit Beweging se krisisfonds. Luister na ʼn podsending van hierdie gesprek boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Michael 1 ·

Ek stem saam daarom voel ek sterk dat die sogenaamde hasie wiskunde of wiskunde geletterdheid net in skole aangebied word waar dit hoort en ons kinders net regte wiskunde geleer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.