Woorde van wysheid voor jy die koshuiswêreld betree

Isa Dameskoshuis-studente (Foto verskaf)

Gaan jy of jou dogter volgende jaar die huislewe verruil vir ʼn koshuis? Studente van die Isa Dameskoshuis in Pretoria het ʼn paar woorde van wysheid gedeel vir dié jong dames.

  • Wees oop vir nuwe ervarings. Probeer nuwe dinge saam met jou vriende wat jy nie normaalweg sou doen of uit jou eie sou doen nie. Dit is ʼn tyd van jou lewe waar jy vinnig verander en nuwe ervarings is deel van dié belangrike ontdekking.
  • Kies jou stryd. In ʼn omgewing waar jy soveel meisies en persoonlikhede teëkom, kan jy jou nie aan die klein goedjies steur nie. Leer hoe om inskiklik te wees. Jy kan terselfdertyd kies waarvoor jy staan en waar jy jou grense gaan trek. Maar verstaan dat jy nie almal tevrede kan stel nie.
  • Onthou hoekom jy hier is en wat jou doelwitte was voor jy hier aangekom het. Ons sien hoe baie meisies van hul doelwitte vergeet wanneer hulle hier aankom en meer sosiale geleenthede kry as waaraan hulle dalk gewoond was. Jy moet jou studies afhandel. Dis moontlik om ʼn balans te handhaaf tussen ʼn sosiale lewe en jou akademiese doelwitte. Leer die vaardigheid van impulsbeheer aan.
  • Moenie verander wie jy is net om by ʼn nuwe groep vriende aan te pas nie – dis maklik om jouself in ʼn nuwe omgewing te verloor. Wees altyd jouself en dan sal jy ook vriende maak met diegene wat soos jy is. Jou geluk hang af van jou vermoë om getrou te bly aan wie jy is. Onthou dat jy altyd jou vriende by jou gaan hê – julle bly saam, julle besoek mekaar nie net van tyd tot tyd nie. Vertrou jouself, wees vol vertroue in wie jy is, en stel jouself beskikbaar om te leer en te groei.
  • Leer hoe om gemaklik te wees in ongemaklike situasies. Mense is anders as jy. Aanvaar dit en pas daarby aan.
  • Wanneer daar ʼn geleentheid is wat deur die koshuis gereël word – woon dit by! Selfs net vir ʼn kort rukkie as jy nie lus is daarvoor nie. Van mens se beste kennisse word hier gemaak en dit is ʼn wonderlike manier om jouself in te grawe. Daar is studente wat al spyt was dat hulle geleenthede misgeloop het en wens dat hulle vroeër begin het om deel te neem.
  • Koshuiskamer in Stellenbosch (Foto verskaf)

    Bring iets van die huis saam met jou: of dit nou ʼn teddiebeer, foto’s of enigiets anders is wat vir jou waardevol is. Dit kan jou help in die tye wanneer jy ʼn behoefte het aan iets bekend.

  • Leer om basiese huiswerk te verrig soos om te stryk en skoon te maak en hoe om jou tyd te bestuur nog voor jy by die koshuis opdaag. Laat jou ouers dit aan jou oorlaat ʼn paar weke voor jy koshuis toe kom as dit nie reeds vir jou ʼn roetine is nie. Jy gaan dié vaardighede nodig hê en dit is makliker as jy dit voor die tyd aanleer.
  • Sien om na jou geestesgesondheid. Leer hoe om jouself uit situasies te verwyder wat jou ongemaklik laat voel. Kies jouself.
  • Gee vir jouself “ek-tyd”. Daar is min privaatheid in ʼn koshuis, so jy sal dalk wil gaan stap om net bietjie stilte te geniet.
  • Dis moontlik dat jy meer huis toe sal verlang as wat jy verwag het. Jy sal nie die eerste student wees wat in haar kussing huil en oorweeg om terug te gaan huis toe nie, soos ʼn student wat dit op haar eerste aand gedoen het en vandag in ons vergadering daaroor kon lag toe sy haar ervaring deel. Reël persoonlike tyd met ou vriende en familie – by die Isa-dameskoshuis is daar gratis Wi-Fi beskikbaar sodat jy soveel keer as wat jy wil kan huis toe bel.
  • Onthou dat jy nooit alleen is nie. In sommige gevalle is dit beter om met iemand te gesels wat nie in jou vriendekring is nie – dit kan dalk ʼn lid van die huiskomitee wees of die inwonende hoof. ʼn Ander perspektief is soms net wat jy nodig het.
  • Kommunikasie is absoluut noodsaaklik vir suksesvolle verhoudings – selfs nog meer in ʼn omgewing waar soveel verskillende persoonlikhede saam woon. Maak seker dat julle maandeliks ʼn gangvergadering het om oop kommunikasie te verseker.
  • Deel jou gevoelens: moenie verwag dat ander gaan weet of verstaan as jy nie daaroor praat nie. Doen ook bietjie introspeksie – jy is nie altyd reg nie. Om aanspreeklikheid te aanvaar is die sleutel tot verhoudings in ʼn koshuisomgewing. Wees ook bewus van wat ander moontlik deurmaak.
  • Die kultuur van ʼn ‘susterskap’ bestaan slegs wanneer jy bereid is om ander mense te leer ken.
  • Tyd vlieg! Onthou om pret te hê en elke oomblik te geniet. Dit gaan vinniger verby as wat jy dink.
  • Tien jaar later sal jy dalk nie onthou watter toets jy afgelê het nie, maar eerder die herinneringe wat jy opgebou het. Koester die ervaring.

Koshuislewe in Pretoria

We are at 90% capacity at the Pretoria Ladies Residence for 2022! @isaladiesresidenceptaWe advise those who are looking to stay at the residence to apply before the end of November.Visit our website: https://isacarstens.co.za/pretoria-accommodation/ #isacarstens #isa #beyondbeauty #somatology #residence #hostel #koshuis #homeawayfromhome #campuseaccommodation #accommodation #followyourdreams #friendsforlife

Posted by Isa Carstens Academy on Thursday, November 11, 2021

Maak Isa Privaat Dameskoshuis jou tuiste

Isa Dameskoshuis Pretoria (Foto verskaf)

Die Isa Privaat Dameskoshuis in Lynnwood, Pretoria, is ʼn gewilde tuiste vir studente wat by enige tersiêre instelling in Pretoria ingeskryf is.

Die koshuis is gebaseer op die kampus van Isa Carstens Akademie, oorkant Menlopark-Hoërskool. Dit bied moderne en veilige, luukse studente-akkommodasie naby aan die Universiteit van Pretoria met 24 uur toegangskontrole en bykomende sekuriteitskontrole vir leefareas. Die Rose Café vul inwoners se spysenieringsbehoeftes en daar is ook gesonde opsies op die spyskaart (drie etes is per dag beskikbaar).

Daar is gimnasiumfasiliteite en Wi-Fi beskikbaar.

  • Besoek https://isacarstens.co.za/pretoria-accommodation/ vir enige navrae of om ʼn reëling te tref om die koshuis te kom besoek. Doen nou navraag – die Isa Dameskoshuis in Pretoria is reeds 90% volbespreek vir 2022. ʼn Waglys is beskikbaar vir inskrywings in Isa Dameskoshuis Stellenbosch. Klik hier vir meer inligting oor Pretoria en klik hier vir meer inligting oor Stellenbosch.

Besoek ons op Instagram

Isa Dameskoshuis (Foto verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.