Hallo Susan,
Ek is bekommerd oor my dogter in gr. 5. Hoewel sy pragtig vlot lees, verstaan sy nie wat sy lees nie. Sy druip haar begripstoetse. Sy het arbeidsterapie en spraakterapie in gr. 1 en gr. 2 ontvang.
Vriendelike groete,
Monique
Beste Monique
Soos reeds bespreek is die algemeenste oorsake van ʼn leesbegripprobleem ʼn gebrek aan woordeskat, swak geheuevaardighede en swak logiese denkvaardighede.
ʼn Belangrike kenmerk van die mens om altyd in gedagte te hou is dat ʼn mens niks weet of kan doen wat sy nie geleer het nie. Dit sluit natuurlik liggaamsfunksies soos asemhaal uit, sowel as reflekse soos byvoorbeeld die oogrefleks wat meebring dat die oog geknip word wanneer ʼn voorwerp dit nader. Woordeskat, geheue en logiese denke is egter kennis en vaardighede, en moet dus aangeleer word.
Hier is die derde logiese denke-oefening. In die voorbeelde hieronder moet jou dogter die reekse voltooi deur die vraagtekens te vervang met getalle. Die voorbeelde binne ʼn groep is ongeveer op dieselfde moeilikheidsgraad, maar soos ʼn mens gaan van groep na groep word dit stelselmatig al hoe moeiliker.
GROEP A
1. 1 2 3 4 5 ? ? ?
2. 26 27 28 29 30 ? ? ?
3. 88 89 90 91 ? ? ?
4. 108 109 110 111 ? ? ?
GROEP B
1. 10 9 8 7 6 ? ? ?
2. 63 62 61 60 ? ? ?
3. 203 202 201 200 ? ? ?
4. 77 76 75 74 ? ? ?
GROEP C
1. 2 4 6 8 ? ? ?
2. 18 21 24 27 ? ? ?
3. 44 48 52 56 ? ? ?
4. 121 126 131 136 ? ? ?
GROEP D
1. 42 40 38 36 ? ? ?
2. 150 140 130 120 ? ? ?
3. 66 60 54 48 ? ? ?
4. 99 92 85 78 ? ? ?
GROEP E
1. 1 2 4 8 16 ? ? ?
2. 50 100 200 400 ? ? ?
3. 3 6 12 24 ? ? ?
4. 32 64 128 256 ? ? ?
GROEP F
1. 3 9 27 81 ? ? ?
2. 5 15 45 135 ? ? ?
3. 2 6 18 54 ? ? ?
4. 12 36 108 324 ? ? ?
GROEP G
1. 120 60 30 ? ?
2. 200 100 50 ? ?
3. 400 200 100 ? ?
4. 1000 500 250 ? ?
GROEP H
1. 1 20 4 19 7 18 ? ? ? ?
2. 89 35 88 40 87 45 86 ? ? ?
3. 17 101 23 100 29 99 ? ? ?
4. 2 88 12 87 22 ? ? ?
GROEP I
1. 5 33 8 28 11 23 ? ? ?
2. 9 16 13 14 17 12 ? ? ?
3. 4 18 10 12 16 6 ? ? ?
4. 12 88 23 76 34 64 ? ? ?
GROEP J
1. 3 2 6 5 12 8 ? ? ?
2. 4 12 8 16 16 20 ? ? ?
3. 5 10 15 25 45 40 ? ? ?
4. 6 12 12 22 24 32 ? ? ?
GROEP K
1. 20 2 17 4 14 8 ? ? ?
2. 3 9 9 7 27 5 ? ? ?
3. 12 24 24 18 48 12 ? ? ? ?
4. 24 18 18 36 12 72 ? ? ?
GROEP L
1. 2 16 4 8 8 4 ? ? ?
2. 3 81 9 27 27 9 ? ? ?
3. 256 4 64 8 16 16 ? ?
4. 5 375 10 75 20 15 40 ? ?
GROEP M
1. 3 4 6 9 13 ? ? ?
2. 8 9 11 14 18 ? ? ?
3. 44 45 47 50 54 ? ? ?
4. 101 102 104 107 ? ? ?
GROEP N
1. 1 1 2 6 24 120 ? ?
2. 5 5 10 30 120 ? ?
3. 3 3 6 18 72 ? ?
4. 4 4 8 24 96 ? ?
GROEP O
1. 10 10 11 9 13 7 16 4 ? ? ?
2. 33 30 34 29 36 27 39 24 ? ? ?
3. 20 40 21 39 23 37 26 ? ? ? ?
4. 15 15 16 14 18 12 21 ? ? ? ?
GROEP P
1. 1 2 3 5 8 13 ? ? ?
2. 2 4 6 10 16 ? ? ?
3. 3 3 6 9 15 24 ? ? ?
4. 4 5 9 14 23 37 ? ? ?
GROEP Q
1. 1 1 2 6 12 12 24 ? ? ?
2. 10 10 20 60 120 120 240 ? ? ?
3. 5 5 10 30 60 60 120 ? ? ?
4. 22 22 44 132 264 264 528 ? ? ?
GROEP R
1. 1 2 2 4 8 11 33 37 ? ? ?
2. 5 6 6 8 16 19 57 61 ? ? ?
3. 25 26 26 28 56 59 177 181 ? ? ?
4. 12 13 13 15 30 33 99 103 ? ? ?
GROEP S
1. 51 50 50 48 96 93 279 275 ? ? ?
2. 11 10 10 8 16 13 39 35 ? ? ?
3. 7 6 6 4 8 5 15 11 ? ? ?
4. 22 21 21 19 38 35 105 101 ? ? ?
Antwoorde:
GROEP A
1. 6 7 8
2. 31 32 33
3. 92 93 94
4. 112 113 114
GROEP B
1. 5 4 3
2. 59 58 57
3. 199 198 197
4. 73 72 71
GROEP C
1. 10 12 14
2. 30 33 36
3. 60 64 68
4. 141 146 151
GROEP D
1. 34 32 30
2. 110 100 90
3. 42 36 30
4. 71 64 57
GROEP E
1. 32 64 128
2. 800 1600 3200
3. 48 96 192
4. 512 1024 2048
GROEP F
1. 243 729 2187
2. 405 1215 3645
3. 162 486 1458
4. 972 2916 8748
GROEP G
1. 15 7½
2. 25 12½
3. 50 25
4. 125 62½
GROEP H
1. 10 17 13 16
2. 50 85 55
3. 35 98 41
4. 86 32 85
GROEP I
1. 14 18 17
2. 21 10 25
3. 22 0 28
4. 45 52 56
GROEP J
1. 24 11 48
2. 32 24 64
3. 135 55 405
4. 48 42 96
GROEP K
1. 11 16 8
2. 81 3 243
3. 96 6 192 0
4. 6 144 0
GROEP L
1. 16 2 32
2. 81 3 243
3. 4 32
4. 3 80
GROEP M
1. 18 24 31
2. 23 29 36
3. 59 65 72
4. 111 116 122
GROEP N
1. 720 5040
2. 600 3600
3. 360 2160
4. 480 2880
GROEP O
1. 20 0 25
2. 43 20 48
3. 34 30 30 35
4. 9 25 5 30
GROEP P
1. 21 34 55
2. 26 42 68
3. 39 63 102
4. 60 97 157
GROEP Q
1. 72 144 144
2. 720 1440 1440
3. 360 720 720
4. 1584 3168 3168
GROEP R
1. 148 153 765
2. 244 249 1245
3. 724 729 3645
4. 412 417 2085
GROEP S
1. 1100 1095 5475
2. 140 135 675
3. 44 39 195
4. 404 399 1995
Kopiereg © 2015 Edublox
Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwe jaar vir jou sowel as jou familie! Groete,
Susan oor Skoolkwessies
Vra vir Susan oor Skoolkwessies:
Is jy bekommerd oor jou kind se skoolprestasie? Stuur jou vrae na [email protected]
Probeer om soveel moontlik besonderhede te verskaf, asook as jou kind se ouderdom en graad. Gebruik jou eie naam of ʼn skuilnaam as jy verkies om anonym te bly.
Meer oor Susan:
Susan du Plessis is ʼn opvoedkundige spesialis en gepubliseerde skrywer op die gebied van leerprobleme en disleksie, met meer as 25 jaar se praktiese ondervinding. Sy het ʼn BA Honneursgraad in Sielkunde sowel as ʼn BD-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf, en die eerste Edublox Lees-, Wiskunde- en Leerkliniek in 2007 geopen. Vandag is daar 22 Edublox-klinieke in Suidelike Afrika. Besoek die Edublox-webtuiste met meer as 450 suksesverhale by www.edubloxsa.co.za.