Promosieartikel: Kleinfontein – ʼn Gemeenskap propvol kultuur en plesier

Vladimir Poluboyarenko oorhandig ‘n skenking aan Kleinfontein se gemeenskapsfonds (Foto verskaf)

Vir die Kleinfontein-gemeenskap is daar min dinge so belangrik soos taal, kultuur en Christenskap. Dis daarom dat Afrikaner-kultuurdae nog met oorgawe gevier word, en die belangrikheid van dié dae na ons nageslag oorgedra word.

Kultuurdae

Kleinfontein, ʼn Afrikaner-kultuurdorp, lê ʼn skamele 25 km buite Pretoria, rigting oos, aan die soom van die hoëveld. Vir dié dorp en sy mense is daar groot waarde in oudpres. Paul Kruger se bekende woorde: “Neem uit die verlede en bou daarop jou toekoms.” Dié woorde vind gestalte in die viering van herdenkings soos Van Riebeeckdag, Republiekwording, die Slag van Donkerhoek, GRA-dag (Genootskap van Regte Afrikaners), Paul Kruger-dag en, natuurlik, Geloftedag, wat op 16 Desember gevier word. Christelike vakansiedae, soos Goeie Vrydag, Hemelvaartdag en Kersfees, word ook eerbiedig. Op dae soos hierdie reël die gemeenskap byeenkomste, opvoerings en ander aktiwiteite om die geskiedenis van dié dae te herdenk.

Klik hier vir meer inligting oor Kleinfontein se Geloftefees vanjaar op 16 Desember.

Sport en die natuur

Sorgsentrum braai vleis (Foto verskaf)

Dis egter nie net geskiedkundige dae wat deur die Kleinfontein-gemeenskap onderhou en gevier word nie. Ander aktiwiteite wat eie is aan die Afrikanerkultuur, soos sport, vleisbraai, perdry en stap in die natuur is ook deel van elke Kleinfonteiner se roetine.

Kleinfontein meet gereeld op sportgebied kragte met ons susterdorp, Orania (lees meer hieroor). Ons tennisbaan is onlangs voltooi en die eerste tennistoernooi het reeds plaasgevind. Ons is dus vol vertroue dat ons volgende jaar ook op dié gebied teen Orania sal kan meeding. Perdry, wat ook eie is aan die Afrikanerkultuur, is nog ʼn sportsoort wat deur Kleinfonteiners beoefen word: Kleinfontein spog met sy eie perdrygroep wat hulle toespits op die pret van perdry. Deelnemers neem deel aan uithouritte en ander perdrygeleenthede.

Familiewaardes

Swembad en Kersfeesvader (Foto verskaf)

Boonop spog Kleinfontein met ʼn pragtige dorpswembad en ontspanningsruimte, waar die gemeenskap saam kuier en saam gesellighede hou, en vriende en families tyd saam kan spandeer. Een so ʼn geleentheid was ʼn Kersbyeenkoms vroeg in Desember, gereël deur die maatskaplike kantoor van Kleinfontein. Tydens dié geleentheid, gereël in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, het Vader Kersfees (natuurlik ʼn gewillige inwoner van Kleinfontein in ʼn Kersvader-pak) die geskenkpakkies uitgedeel. Uit geleenthede soos dié, asook ʼn opvoedkundige program wat in die Oktober-skoolvakansie vir kinders aangebied is, is dit duidelik dat die gemeenskap van Kleinfontein omgee vir hul kinders.

Dis nie net die kinders nie, maar ook die oues van dae na wie Kleinfonteiners met liefde en toewyding omsien. By die Sorgsentrum vir Senior Burgers hou die gemeenskap en inwoners van die sentrum gereeld ʼn braai waartydens die bejaardes bederf word met heerlike braaivleis.

Te midde van die viering van kultuurdae, sportaktiwiteite, kuier by die swembad, staproetes en wildbesigtiging in die wildpark en omsien na kinders en bejaardes, kry ons gereeld besoeke van internasionale joernaliste wat meer oor dié gemeenskap te wete wil kom.

Hoe word jy deel van hierdie dinamiese Afrikaner-kultuurdorp?

Heldetuin (Foto verskaf)

Die behoefte het ontstaan om mede-Afrikaners ʼn geleentheid te gee om eiendom in Kleinfontein te bekom. Hiervoor is ons eie finansiële instelling, KSK Finansiële Koöperatief Beperk, deur die gemeenskap gestig.

KSK neem deposito’s en verskaf ook lenings en boulenings aan voornemende kopers. Terwyl sommige lede van die ouer geslag ʼn veilige bêreplek vir hul fondse benodig, het jonger intrekkers weer hulp nodig om te bou of ʼn woning aan te skaf.

Besoek die webwerf om meer te wete te kom, of skakel 012 802 1413.

Kleinfontein Afrikaner-kultuurdorp… Waar jy nog jou kultuur kan uitleef saam met jou kinders en kleinkinders; alles in Afrikaans. Kleinfontein is inderdaad Afrikanerwees op sy beste.

  • Vir meer inligting, besoek die webwerf by www.kleinfontein.net, of maak ʼn draai by een van ons Facebook-blaaie by  Kleinfontein se Afrikaners en Vriende van Kleinfontein. Jy kan ook vir Irene Groenewald, Kleinfontein se bemarker, skakel by 012 802 1441.

Kleinfontein se missie

Om die eiendom in sy besit in ʼn leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel,  waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan,  waarvan hulle Christelike geloof,  taal en kultuur,  die belangrikste is,  vrylik,  onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ʼn plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.

Vir meer inligting, kontak:

  • Irene Groenewald (bemarker): 012 802 1441
  • KSK: 012 802 1413 of www.kkb.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.