Brandhout vir die oudag: Die keuses in Italië is eindeloos

Florence is nog ‘n moet met so ‘n besoek aan Italië. (Foto: Josh Hild/Unsplash)

“Ek dink die groot fout wat mense maak, is om te veel te wil inprop in ʼn relatief kort besoek aan Italië. Kies eerder ʼn gebied en beleef dit in sy volle intensiteit.”

Só meen die toerleier Marius du Plooy in die jongste aflewering uit die reeks podsendings Brandhout vir die oudag. Hy vertel meer oor die Toskaanse streek in Italië, wat selfs al talle van ons eie plaaslike kunstenaars bekoor het.

Du Plooy sê Florence is nog ʼn moet met so ʼn besoek aan Italië. Gaan drink en eet iets by die Mercato Centrale en moenie die uitkykpunt by Piazzale Michelangelo misloop nie – dit is maar net ʼn paar hoogtepunte in die pragtige ou stad.

Skink vir jou ʼn heerlike koppie boeretroos en span uit terwyl jy na die vertelling boaan hierdie berig luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Florence is iets om te beleef. Ek dink jy kan ‘n jaar daar bly en nie verveeld wees nie…..ek het net drie dae gehad!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.