Brandhout vir die oudag: ’n Kuiertjie in Italië se Cinque Terre

Cinque Terre in Italië. (Foto: Josh Hild/Unsplash)

Cinque Terre is ʼn reeks eeue-oue kusdorpies aan die ruwe Italiaanse kuslyn.

Elkeen van dié vyf dorpies het kleurvolle huise en wingerde wat klou aan steil terrasse. Die streek spog met hawens gevul met visserbote, en dit is waar jy by die plaaslike trattorias seekos met die Ligurië-streek se beroemde pestosous kan geniet.

Die toerleier Marius du Plooy vertel ons van die bekoorlike kuslyn in Italië in vandeesmaand se aflewering uit die reeks podsendings Brandhout vir die oudag.

Du Plooy gee ons met die reisverhaal ook ʼn vinnige kykie na die stad Lucca, wat ʼn mens eintlik met ʼn fiets moet verken.

Dit is maar net ʼn paar van die plekke waarheen hy ons neem in sy vertellinge. Skink vir jou ʼn heerlike koppie boeretroos en span uit terwyl jy na die vertelling boaan hierdie berig luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.