Brandhout vir die oudag: ’n Reisverhaal oor San Gimignano

San Gimignano is ‘n besonderse Toskaanse dorpie in Italië. (Foto: Verskaf.)

Baie mense het die voorreg om oor die wêreld heen te reis op soek na nuwe herinneringe. Ander se herinneringe is beperk tot dit wat hulle by die huis sien en hoor.

In die reeks Brandhout vir die oudag vertel Marius du Plooy, ʼn radio-omroeper, TV-man en toerleier, van ’n klompie wonderlike ervarings wat hy en sy toerlede al die wêreld vol gehad het.

Die eerste storie handel oor wat hy ervaar het in een van die pragtige Toskaanse dorpies toe hy en sy vrou net daar gesit het en die atmosfeer ingedrink het.

Skink vir jou ʼn koppie boeretroos en ontspan terwyl jy na die vertelling boaan hierdie berig luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.