Die Karavaanskou is terug!

Die Karavaanskou beloof om dié jaar groter en beter as ooit te wees. Ongeveer 90% van die vervaardigers in die Suid-Afrikaanse mark is gewoonlik by dié skou te sien en dit is dus die ideale geleentheid om al jou karavaan, veldsleepwa, motorwoonwa en buitelug-bykomstighede te vind, met mekaar te vergelyk en aan te skaf.

ʼn Wye verskeidenheid van vervaardigers sal met hul jongste modelle en tegnologie spog en verklap water nuwe modelle binnekort beskikbaar sal wees.

Die 2021-skou is ongelukkig weens Covid-19-regulasies gekanselleer, maar ons is opgewonde dat die skou vir 2022 voortgaan! Alle Covid-19-protokol sal by die skou geld.

Die skou word van 25 – 27 Februarie 2022 by die Gallagher Estate in Midrand aangebied en is die grootste suidelike Afrika-uitstalling. Dit kan vergelyk word met die Salon Düsseldorf-skou vir die Europese mark. Eenvoudig gestel: die Karavaanskou is waar jy die jongste en beste karavane, sleepwaens, motorwoonwaens en bykomstighede kan vind – alles onder een dak.

Kamp & Karavaan is die amptelike vennoot van die Karavaanskou en beloof opwindende verwikkelinge vir die toekoms. Ná ʼn gesprek met die organiseerder Hampie de Kock is dit duidelik dat die 2022-skou ʼn rekordgetal besoekers verwag. Dit is natuurlik baie goeie nuus vir die uitstallers. Trek solank jou bestelboek en pen nader, want die ongelooflike voetverkeer wat verwag word, beteken dat verkoperekords gehaal sal word! Meer as 30 000 voete het by die vorige skou oor die drumpel getrap. Dit is ongetwyfeld dié plek om alles te kry wat met die buitelug en kamp te doen het.

“Die vennootskap tussen die Karavaanskou en Kamp & Karavaan is ʼn wonderlike simbiotiese verhouding. Ons sien uit na jare se saamwerk om die karavaan- en buitelugbedryf te ondersteun,” voeg Hampie by.

(Foto verskaf)

Daar sal ʼn verskeidenheid van nuwe karavane, veldsleepwaens, hibriede en motorwoonwaens by die skou beskikbaar wees met die jongste ontwerpe en uitstekende bougehalte. Daar is ook ʼn ongelooflike hoeveelheid beplanning en agter-die-skerms voorbereiding wat getref word deur die onderskeie handelaars en vervaardigers. Dae voor die skou begin word die stalletjies georganiseer en uitgerus met die jongste karavane, motorwoonwaens, sleepwaens en buitelug-toerusting. Klik hier om ʼn volledige lys te sien van die uitstallers by die Karavaanskou.

Die Karavaanskou by die Gallagher-konvensiesentrum stel die standaard vir enige Suid-Afrikaanse skou en dit is ʼn hoë standaard! Dit word doeltreffend bestuur en daar is voldoende sekuriteit sodat besoekers op hul gemak hul gunstelingkaravaan, motorwoonwaens, veldsleepwa of ander buitelug-toerusting kan besigtig. Vir diegene wat bietjie wil rus, ietsie te ete wil kry of jou dors wil les, is daar ook verskeie restaurante en kosstalletjies binne en buite die lokaal met geriewe waar jy vir ʼn oomblik kan sit.

Besoek die Karavaanskou

(Foto verskaf)

As jy jou kaartjies vroeg wil aanskaf, kan jy hier klik om jou kaartjies deur Webtickets aan te skaf. Jy sal ook op die dag van die skou kaartjies by die deur kan koop.

Volwassenes: R120
Studente en pensioenarisse: R60
Kinders onder 12 is gratis
Veilige parkering beskikbaar teen R25

Ure:
Vrydag 25 Februarie: 09:00 – 18:00
Saterdag 26 Februarie: 08:00 – 17:00
Sondag 27 Februarie: 08:00 – 16:00

Besoek die webwerf: www.caravanshow.co.za
Stuur ʼn e-pos: [email protected]
Skakel: 083 488 8986

*Vir meer inligting oor die skou, uitstallers of algemene navrae, klik hier en voltooi die vorm.

Artikel verskaf deur Kamp & Karavaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.