Dry Ice International se droë ys verskaf verkoeling met skop

Droë ys se unieke verkoelingseienskappe maak dit ʼn uiters bruikbare produk, wat sinvolle oplossings bied in verskeie omstandighede. Met ʼn konstante temperatuur van -80 °C, is dit ʼn verkoelingsmiddel met skop.

Dry Ice International het ʼn reeks handelsmerke ontwikkel waar droë ys sinvolle oplossings vir ʼn reeks uitdagings bied. Hierdie handelsmerke stel ons in staat om die gebruik van droë ys maklik en moeiteloos aan die eindverbruiker oor te dra.

Droë ys is ideaal vir beurtkrag. Kyk hierdie video om uit te vind hoe dit jou in ʼn noodgeval kan help.

Droë ys kan bederfbare produkte koud of gevries hou tydens kragonderbrekings of wanneer verkoelingstoerusting onklaar raak.

(Grafika verskaf)

Droë ys is ook ideaal vir enige ontspanningsgeleentheid. Dié video verduidelik meer hieroor.

Wanneer jy beperkte toegang het tot elektrisiteit, soos met kamp of langafstand-vakansies, is droë ys die ideale manier om kos en vleis koud en gevries te hou.

(Grafika verskaf)

Droë ys is ook ʼn moet vir enige jagtog. Kyk gerus hier.

Droë ys kan gebruik word om ʼn karkas te bewaar tydens die lang terugtog huis toe na ʼn jagnaweek in die bosveld. Die lae temperatuur van -80 °C verseker dat die vleis deeglik verkoel en vars bly, terwyl die teenwoordigheid van CO2 in die omgewing van die vleis dit onbewoonbaar maak vir insekte en sodoende besmetting voorkom.

(Grafika verskaf)

Droë ys is ook beslis handig op die plaas. Kyk hierdie video vir meer inligting.

Dieremishandeling is ʼn onderwerp wat dikwels plaaslik aandag geniet. Dry Ice International het ʼn innoverende droë ys-brandmerkmetode ontwikkel, wat die pynfaktor by die brandmerk van beeste omseil en ʼn skoon en netjiese brandmerk agterlaat sonder die teenwoordigheid van infeksie of oop wonde op die dier. Verder kan droë ys ook gebruik word om verstopte boorgate oop te maak en die verswakte vloei van water weer te herstel.

(Grafika verskaf)

Droë ys kan help om spesiale effekte te skep. Kyk dié video.

Droë ys bied ʼn verskeidenheid gebruike wat ʼn unieke atmosfeer skep by funksies en spesiale geleenthede, en gaste aan die gons sal hê. Bedien sprokiedrankies met ʼn stukkie droë ys en omskep ʼn eenvoudige drankie in ʼn spesiale ondervinding. Verander die dansvloer in ʼn wonderwêreld wat mense sal laat dink hulle dans in die wolke.

(Grafika verskaf)

Dry Ice International se voedsel gegradeerde droë ys word vervaardig met wêreldgehalte-toerusting, wat hulle in staat stel om hoë gehalte droë ys aan kliënte te verskaf wat die bewaring van bederfbare produkte verseker.

Dry Ice International verskaf ook ʼn wye reeks polistireenhouers van verskillende groottes vir die berging en vervoer van droë ys, wat op die webwerf besigtig kan word by https://dryice.co.za/polystyrene-containers/

Droë ys is landswyd geredelik beskikbaar en daar is geen dorp waarby hulle nie kan aflewer nie. Besoek www.dryiceeshop.co.za vir meer hieroor.

Dry Ice International bied sedert 1994 innoverende droë ys-tegnologie en -oplossings aan die Suid-Afrikaanse publiek. Dié onderneming is alombekend vir toegewyde nasionale kliëntediens, kreatiwiteit, innovering en hoogs gekwalifiseerde personeel. Besoek gerus hulle webwerf by www.dryice.co.za vir meer inligting en om uit te vind waar jou naaste handelaar is.

  • Besoek Dry Ice International se uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11 tot 13 Augustus by die Diamantvallei-landgoed, net 20 km oos van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.