Feestyd-doendinge: Markdag in Pretoria

Cowhouse-mark is ideaal vir lekker kuier terwyl jy tussenin Kersgeskenke by die stalletjies soek.

Laai die familie wat hierdie Kersfees by jou kuier in die motor en gaan maak ‘n draai by die bekende Kamers/Makers-geskenkfees, Cowhouse Market of een van die ander lekker markte waar Pretorianers in die feestyd uithang.

 

Kamers/Makers

Die grootse Kamers/Makers nog! Behalwe vir die mark se smullekker deli-afdeling, kan besoekers ’n skatkis van plaaslike modes, juwele, handsakke en huisware verwag. Hier word geen ingevoerde produkte verkoop nie.

  • Waar: Nog tot 9 Desember
  • Wanneer: Cornwall Hill College, Irene, Pretoria

 

Irene Village Market

Kom vat ‘n blaaskans by die Irene Village Market.

Die Irene Village Market bestaan al sedert 1989 en is sinoniem met Saterdaguitstappies en lekker kuier. Die mark bied ’n heerlike verskeidenheid produkte, van kuns, klere, juwele en handsakke tot lekkernye en die beste grondboontjiebotter in die wêreld. Alles word plaaslik vervaardig.

  •  Waar: Big Red Barn, Nelsonstraat 7, Olifantsfontein
  • Wanneer:  Elke Saterdag tot 17 Desember, 9:00 – 14:00

 

Pretoria-boeremark

Die Pretoria Boeremark het heerlike eetgoed en varsprodukte.

Kos, geskenke, musiek en lekker kuier… Dit is tyd vir die Pretoria Boeremark se feestyd-aandmark!

’n Koppie boeretroos wag vir die markbesoekers wat vroeg uit die vere is om hierdie mark tydens hulle gewone handelsdae te ervaar. Wanneer die meeste mense nog op ʼn Saterdagoggend slaap, is die Boeremarkterrein reeds ʼn miernes van bedrywighede waar uitstallers hulle stalletjies gereed kry vir die dag se besoekers.

  • Waar: Moreleta 665, Silverton, Pretoria
  • Wanneer: Gewone markdae is elke Saterdag van 5:30 tot 10:00 (geen mark op 15 Desember nie). ’n Aandmark word op 14 Desember van 16:00 tot 21:00 aangebied.

 

Cowhouse-plaasmark

Dié mark is gebore uit ’n liefde vir goeie kos en lekker tye en die inspirasie was familie. Verwag ’n verskeidenheid kos, drinkgoed en kunsvlytstalletjies met Steve Hofmeyr op die verhoog in die feesseisoen. Die mark is ook honde-vriendelik.

  • Waar: Ridge Road en Oukraal Boulevard, Pretoria
  • Wanneer:
    8 Desember 10:00 – 16:00 met Steve Hofmeyr wat die aand optree.
    9, 15, 16, 17, 22 en 23 Desember van 10:00 – 16:00.
    Die laaste aandmark vir die jaar is die 21ste van 17:00 – 22:00.

 

Lees meer oor markte op ander plekke in die land:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maljan ·

Straatmark gangers gaan om te eet. Te moeg geeet om deur die stalletjies te stap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.